Rap 'n ding blou!

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Jy herken hom seker van daai snaakse rugby-advertensie.

Weez ( Wessel Swart), die rapper van Pretoria, is weer terug op die scene.

Hy is tans op ‘n advertensie vir Supersport, waar hy rap oor die Bulls in Soweto. Weez gaan Saterdag sy "Bulls in the hood"-liedjie sing reg voor die groot wedstryd tussen die Bulls en die Stormers. "Ek sien baie uit om die rap liedjie te doen, die mense soek iets nuuts, ek dink die mense is al moeg vir Steve".

"Daar is baie nuwe rappers wat nou uit kom, ek lag vir hulle. Ek sal nooit so laag daal om "zef" te probeer bemark nie. Ek wil my musiek op ‘n internasionale standaard hou". Weez het in 2009 in Los Angeles saam die legendariese hip-hop groep Cypress Hill ‘n liedjie opgeneem, "Step back". Dit word vanjaar in Amerika vrygestel.

Weez se nefie is die elektro sanger Gazelle. Hulle kom albei van Ohrigstad in die laeveld, en hulle plase het gegrens. Dit is vreemd vir mense om te sien dat die boere kan rap en sing, maar dit is hulle passie.

Lady Lea wat onlangs op Survivor was, het drie remixes van Weez se hip hop tracks gemaak, en dit word in Junie vrygestel, gesamentlik met Weez se album "Permanent Damage" onder Lady Lea se plate maatskappy Beat Boutique.

Mieder Erasmus van die rock groep "Dertig nul ses" het ook saam Weez ‘n nuwe single "Number One" opgeneem wat tans op 5fm speel, dit is ‘n rock hip-hop liedjie, wat baie trekke het na Linkin Park en Jay Z.

Die musiek videos is tans op MK en MTV base.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar