Die gewilde 7de Laan-aktrise, Diaan Lawrenson, (of Paula, soos ons haar ken) en haar akteurvriend, Jody Abrahams, verwag hul eersteling.
Lawrenson is glo reeds vyf maande swanger.
Volgens Huisgenoot noem hulle die baba tans Schnookie en het hulle hul troue, wat in Maart sou plaasvind, tot na Schnookie se koms uitgestel.
Die vervaardigers van 7de Laan was glo effe verslae toe Lawrenson hulle vertel dat sy swanger is. Wonder hoe hulle dit in die storielyn gaan inwerk? Gaan Altie dalk pa word?
Vir meer oor dié storie kliek hier.