Pakslae maak glo kinders aggressief

  • 20
    like dit
  • 42
    like dit nie

'n Nuwe studie het bevind dat om kinders pakslae te gee hulle meer aggressief en eiewys maak en dat hulle meer geneig is om vloermoere te gooi.

Mammas wat hul voorskoolse kinders pakgee kan glo uitsien na heelwat onaangename aggressiewe gedrag wanneer daardie kinders eers vyf word, lui die studie.

Die Tulane Universiteit se studie is in die vakkundige tydskrif, Pediatrics, gepubliseer.


Van die bevindinge sluit glo in dat kinders wat meer pak gekry het teen die ouderdom van drie as ander kinders meer aggressief was, vinnig gefrustreerd geword het, fisieke uitbarstings gehad het en vloermoere gegooi het.

'n Vorige studie aan die Duke Universiteit het bevind dat eenjarige babas wat pak gekry het laer kognitiewe vermoëns het teen die ouderdom van drie, volgens 'n artikel in Time.

Verskeie faktore is in die nuwe studie in ag geneem, waaronder stress, depressie, die ouers se gebruik van alkohol en/of dwelms en dies meer.

Lees meer hier.


 

Gebruikers Kommentaar (100)

  • charla
    5 months ago
    dis waar dat kinders wat geslaan word agresief sal wees want ek weet hoe ek sal voel as iemand aan my slaan... ek sal wil terug moer!
  • dis waar
    20 months ago
    @pieter jys n wyse man,wens alle ouers is soos jy.
  • Christien Scheepers
    21 months ago
    'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt!
  • Mina
    21 months ago
    Verduidelik eers vir jou kind waarom jy hom slaan en verseker hom jy doen dit uit liefde. 'n Pakslae op die regte tyd is wel nodig

  • 21 months ago
    Natasha,
    Oumas en oupas het baie geduld met hulle kleinkinders, omdat hulle kinders al die pak gekry het.............
Bladsy 1 van 20
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar