Op die lysie - www

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Steyn du Toit


Emails From Crazy People

Net soos F— My Life en soortgelyke websites daarna streef om mense se vuil wasgoed in die openbaar te was, probeer Emails from Crazy People dieselfde. Dis skreeusnaaks om te lees watter weirdos daar in die wêreld is!


VUZU.tv

VUZU is die nuwe kanaal op DStv wat Channel Go vervang het, en dit het die nuutse televisiereekse vir jong mense – Gossip Girl is maar een van vele voorbeelde.

Op hul amptelike website kan jy alles oor hul shows lees, asook ’n webreeks, Afterworld, volg.


Red Goes Green

MFM 92.6 in Stellenbosch, die cool-ste kampusradiostasie in Suid-Afrika, het die afgelope maand ’n unieke gemeenskapsprojek beoog.

Hy wou onder meer 92 600 glasbottels herwin, asook ’n hele aantal “groen” projekte aanpak.

Lees daaroor op sy amptelike blog.


Simon’s Cat

Jy het seker al die video-clip gekry van die kat wat sy baas probeer wakkermaak omdat hy honger is? Wel, die strokiesprent was so gewild dat daar nou ’n hele kultus rondom hierdie oulike vet kat is. Gaan kyk na nog video’s op die website.


Look Book

Look Book is ’n blog oor wat “in” en “uit” is in terme van straatmodes.

Enigiemand kan ’n foto neem van ’n uitrusting, of van iemand wat cool lyk, en dit hier oplaai. Dis ook ’n great manier om lekker mode-tips te kry.


World’s Healthiest Foods

Daar is darem niks lekkerder as ’n pizza of ’n hamburger nie!

Maar ons almal weet dit is nie goed vir jou nie, en dat al daai lekker slaptjips ook lekker om jou heupe gaan sit. Lees hier oor wat alles goed is vir jou in terme van kos en kry ’n paar idees vir lekker resepte.


360 Cities

Ek was nog nooit oorsee nie, en brand om te kan gaan – maar my spaarvarkie wil net nie vol word nie!

Op 360 Cities kan jy ’n 360 °-uitkyk kry op van die wêreld se grootste stede. Dit laat sommer my mond water!


JIP

Dié JIP wat elke Maandag in Die Burger, Beeld en Volksblad verskyn, launch vandag sy nuwe website.

Dit is regtig awesome! Hier kan jy alles lees van Rockspaaider, watter gigs om by te woon, en die nuutste cool bands. Jy kan ook video’s oplaai en kommentaar lewer op byvoorbeeld matriekafskeid- of sosiale kiekies.

Ek het ook ’n voëltjie hoor fluit dat JIP ’n paar cool pryse op die website gaan weggee . . . gaan check dit uit! Lees meer daaroor op bl. 3.


The Quote Blog

Ek het al in die verlede sites en blogs met aanhalings genoem, maar hierdie een is uniek.

Dit haal nie net “vervelige” mense aan nie, maar ook musikante en rolprente.

Byvoorbeeld, die nuutste post kom uit The Wizard of Oz, en lees: “Remember my friend, a heart is not measured by how much you love others, but by how much you were loved by others.


Run Pee

Om ’n lang storie kort te maak, hier kan jy uitvind wanneer die beste tyd in spesifieke rolprente is om gou-gou ’n draaitjie te loop!


One Million Giraffes

Dit klink simpel, maar die eienaar van One Million Giraffes beoog presies dit – om ’n versameling van een miljoen kameelperde bymekaar te maak.

En sy het jou hulp nodig om dit vir haar aan te stuur! Gaan kyk solank na die baie nice versameling wat sy tot dusver gekry het.

Adres: www.onemilliongiraffes.­com

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar