Oos-Kapenaars wen én verloor

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Die Oos-Kaap se skole-rugbyspanne het gewen én verloor op die o.13-Cravenweek-toernooi wat gedurende die skoolvakansie in Graaff-Reinet plaasgevind het.


Grens het die Pumas met 15-10 geklop en ook gewen teen die SWD (12-0) en Namibië (26-5).
Die span het met 22-0 teen die Blou Bulle verloor, en met 7-20 teen die Luiperds.


Die Oostelike Provinsie het met 0-12 teen die Luiperds verloor, maar het gewen teen Grens (15-12), Boland (10-5) en die Pumas (22-12).



In die Grant Khomo-o.16-rugbyweek wat ook tydens die skoolvakansie in Upington plaasgevind het, was die Oos-Kaapse spanne se uitslae soos volg:
Oostelike Provinsie 20, Limpopo 17; Namibië 40, Grens 0; Grens 15, Griekwas 10; Vrystaat 9, Grens 9; Griffons 20, Grens 0; Blou Bulle 27, Oostelike Provinsie 20; Boland 15, Oostelike Provinsie 5; en Luiperds 50, Grens 0.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar