Oos-Kaapse spaaiders reg om te rock!

  • 1
    like dit
  • 1
    like dit nie
Bittersoet September het verlede jaar ook deelgeneem. Gaan hulle dit vanjaar kan maak?

Rockspaaider is al in volle swang en Vrydagaand, 20 Augustus, is dit die Oos-Kaap se beurt om te wys presies hoe hard hulle kan rock.

As jy weet wat goed is vir jou, maak jy dat jy by die Hoërskool DF Malherbe uitkom. Die kaartjies is cheap en mamma hoef nie te worry oor jou aandete nie, want daar word kos ook verkoop.

En nou, om 'n bietjie meer te leer oor die bands wat deelneem:


 


 


 


 


 


Ons Nuwe Begin


JJ Pieterse
Frikkie Mulder
Cara Smith
Neil Duvenhage
Christiaan Oliphant


Wie speel watter instrument in die band? *
JJ Pieterse speel Dromme in die band en kan ook kitaar, en baskitaar speel, Frikkie Mulder speel kitaar en sing en kan ook baskitaar en tromme speel. Cara Smith speel kitaar en sing.

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Frikkie en JJ was altwee voorheen in bands gewees en altwee bands het opgebreek. JJ en Frikkie het besluit hul altwee wil nog aan Rockspaaider deelneem toe kry hulle vir Cara om kitaar te speel.

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
JJ Pieterse luister graag na Jimmy Hendrix, Nirvana, Foo fighters en Green day. Frikkie Mulder luister graag na EF-EL, Straatligkinders terwyl Cara Smith na Prime Circle en Billy Talent luister. Al drie kry hulle inspirasie uit bogenoemde musikante.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] * Prime Circle en Green Day is basies 'n opsomming van wat ons band beinvloed.

Wat maak julle band uniek? *
Anders as ander bands is ons opreg as ons sê ons is daar vir die musiek. Dit is vir ons 'n voorreg om musiek te maak en ons talente uit te beeld. Ons wil graag ons passie met ander deel.

Zondernaam


Jean du Rand
Wessel Myburgh
Francois Zietsman
Heinrich Kotze


Agtergrond:
Jean en Francois het so  twee jaar terug begin saam speel en het ingeskryf vir die skool se talentkompetisie en het toe besluit om ‘n band te begin. Die ander twee members het later bygekom om die volmaakte Zondernaam te vorm.


Inspirasies:
Die "sheer thrill" van musiek maak. Die manier waarop ons, ons liefde en passie vir musiek kan wys en saam met ander kan deel. Om musikante op tv sien wat doen waarvoor hulle lief is , en absoluut niks terug vra nie. Die gejaagde lewe inspireer ons musiek en lirieke , musiek is ons ontsnapping .


Invloede:
*Mense wat goeie lirieke met betekenis en doel skryf.
*Ons ouers en omstandighede.
*Die Gestruktureerde En beheerde sisteem waarin ons as skoolkinders vasgedwing is.
*Die verskeidenheid musiek waarin ons belangstel.


Wat maak ons band uniek:
* Die liefde wat ons as members vir mekaar en musiek het.
* Die kombinasie van die verskille in smaak vir musiek.
* Ons maak deur ons musiek en lirieke uitspraak op omstandighede en gebeurtenisse in ons lewens en gemeenskap wat ons pla of op groot skaal beïnvloed.
* Die vlak waar ons musiek is in verhouding met ons omstandighede en ouderdom.
* Ons interaksie met mekaar en met die gehoor terwyl ons op die verhoog is.

Bittersoet September

Jeandre Fourie
JP Gerber
Fanie Niemand
Bern Bouwer


Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom]
*
Bittersoet September is in September 2008 begin. Vyf skoolvriende wat 'n liefde vir musiek deel. Ons het verskeie "gigs" gespeel wat insluit om vir Glaskas te open by 'n selfgeorganiseerde "gig" in Port Elizabeth.
Ons het ook deelgeneem aan die Rockspaaider 2009 kompetisie, maar het nie deurgedring na die 2de rondte nie en het daarna ons musiek en styl heroorweeg. In die tyd na Rockspaaider 2009 het ons ook 'n verandering in die "bandmember line-up" gehad. Ons vorige kitaarspeler en sanger kon nie meer in die band speel nie weens persoonlike redes en Jeandre, wat net kitaar gespeel het en die "backing vocals" behartig het, het besluit om die plek as "lead vocalist" in die band in te neem. Ons het ook 'n nuwe kitaarspeler, JP, gekry en hy het perfek ingepas. Ons vier ouens het toe begin saam "jam" en aan 'n nuwe styl gekom wat ons nog nie in Afrikaans gehoor het nie en ook self nog nie gespeel het nie en ons dit goed gedink om aan te hou skryf in daardie styl en te kyk wat gebeur. Na 'n paar maande het ons begin "gig" met die nuwe "line-up" en nuwe styl en die kommentaar na "gigs" was baie goed en so het ons besluit om hierdie nuwe styl voluit te vat. Musiek waar elke woord betekenis het en melodiee fyn uitgedink is om in jou kop vas te steek. Die nuwe Bittersoet September was toe laat 2009 voltooid.


Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
Ons gesamentlike passie vir musiek en optree inspireer ons. Dit is ons dryfkrag. Daardie gevoel wat jy kry wanneer jy jou passie op die verhoog kan uitleef wat eintlik baie min gebeur. Ons hou die doel voor oe, dat ons ons passie soveel moontlik wil uitleef en dit moontlik 'n loopbaan vir onsself maak.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] * Al die bandlede het uiteenlopende invloede, maar as 'n groep beinvloed groepe soos aKING, New Holland, Kings Of Leon, Panic at the Disco, The Red Jumpsuit Apparatus en Avenged Sevenfold ons.

Wat maak julle band uniek? * Bittersoet September beweeg opsetlik weg van die Afrikaanse "punk" styl waaraan die meerderheid Afrikaanse groepe deesdae behoort, met die doel om ons merk te probeer maak met 'n unieke styl wat aan ons behoort. 'n Styl wat ons voel nog byna glad nie in Afrikaans gewaag is nie. Ons mikpunt is dus om iets nuuts te skep en nie net as "nog 'n average band" bekend te staan nie.

Mars na Harte


Anrich Bosch
Lindie Erasmus
Divan Swart

Jacques Kruger

Hoewel twee van ons lede, leerders is van die HTS Daniel Pienaar, verkies ons om onder die skool naam van Hoërskool Despatch op te tree, aangesien al vier van ons in Despatch woon.

Wie speel watter instrument in die band? *
Lindie Erasmus - "vocals"
Jacques Kruger - "rhythm guitar"
Divan Swart - "lead guitar"
Anrich Bosch - "drums"

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ons huidige "band" bestaan al ongeveer drie maande. Ons was eers 'n Christelike "band" wat op naweke ons eie liedjies geoefen het, maar het besluit ons eie geskrewe liedjies pas baie beter by ons en inspireer ons tot nuwe hoogtes.

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] * Lamb of God - Hulle is instrumenteel baie goed.
Eyes set to kill - Alles van hulle inspireer ons.
Ef-El - Hulle gebruik goeie lirieke.
Escape the fate - Hul kombinasie van hoe hulle musiek komponeer.
Blessthefall - Hulle "stage presence" is fenominaal.


Invloede? [wie beïnvloed julle as band] *
Eyes set to kill
Blessthefall
a Skylit drive
Escape the fate.
Ons familie en vriende.

Wat maak julle band uniek?
*
Die verskillende musiek style wat tot een styl gekombineer is. Die "vocals" en "keyboard" wat 'n goeie "vibe" gee. Die instrumente se note en instrumente wat goed saamwerk. Die "image" van die "band" lede, is uniek en "funky"


 


 

Gebruikers Kommentaar (2)


  • 17 months ago
    .. Nice*
  • JJ Pieterse
    17 months ago
    Daar was n bietjie van n fout by Ons Nuwe Begin, Hulle het vergeet van ons ander twee band members, Neil Duvenhage wat Bass speel en Christiaan Oliphant wat akoestiek kitaar speel.
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar