Countdown to the Red Carpet het verlede jaar gewen. Hoe lyk dié ouens se kanse?
As jy weet wat goed is vir jou, gaan jy Saterdagaand seker maak jy is in The Assembly vir die Kaapse Rockspaaider-uitdun.
Ontmoet die awesome deelnemers wat teen mekaar gaan meeding vir 'n moontlike hotspot in die Top 8.
A-Klas Kandidaat:
Charl Cillie - Vocals
John Ralphs - Kitaar en backup vocals
Chris van Zyl - Baskitaar
Matthew Corder - Tromme
Charl Albertyn - Kitaar
A-Klas Kandidaat is in Maart 2010 gevorm sonder enige duidelikheid rakende by watse genre ons sou wou inval.
Saamgestel uit musikante met vele rookbewolkte pub-gigs op hul kerfstokke, het A-Klas Kandidaat maar begin musiek- en liriekskryf, op soek na die styl wat nog nie aangeraak is deur ander optimistiese matriekseuns nie (as daar nog so iets is).
Die voorgenoemde musikante is Charl Cillie op vocals, Chris van Zyl op baskitaar, ons tromspeler, Matthew Corder, John Ralphs wat die backup vocals en kitaar behartig en die uwe, Charl Albertyn, wat net kitaar behartig (Ek skryf darem die band bio).
Op die ou end het ons, na baie skaaf en verander aan ons materiaal, 'n styl wat ons glo ons vanjaar kan Rockspaaider toe bring.
Ons is almal leerders aan die Parel Vallei Hoërskool.
Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom]
Ons het almal deelgeneem aan ons skool se musiekblyspel. Charl (Cillie) was een van die hoofsangers, en die res van ons was almal in die blyspel se band. Na die musiekblyspel het ons besluit om 'n band te vorm en ons lede te kies volgens wat ons gehoor het tydens die blyspel. Ons is almal sedert graad 8 studente aan die musiekdepartement.
Inspirasies? [wie/wat inspireer julle]
Ons samelewing, ons naastes, mense en wat hulle alles aanvang, musikante (maak nie saak watter genre
nie) wat die perke van hul huidige musiekstyl aanskyf.
Invloede? [wie beïnvloed julle as band]
John Mayer, Yellowcard, Straatligkinders, We Are Scientists, Die Heuwels Fantasties, Radiohead.
Wat maak julle band uniek?
Ons kombineer organiese acoustic rock elemente met alt rock se grondreëls. Tegnies skryf ons meer ingewikkelde musiek as meeste ander bands, en ons beoog om die Afrikaanse musiek scene te verryk, nie na te boots nie.
Helder Hoop:
Dandré Barnard -Lead guitar+vocals
Morné Bosman -Rythm electric guitar
Phillip Dippenaar -Drums
Ruan vd Vyfer -Bass Guitar
Almal is in Hoërskool Oueniqua
Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom]
Helder Hoop het ontstaan op 17 Februarie 2010. Ons het besluit om die band te begin nadat ons verlede jaar die TV-reeks van Rockspaaider gesien het en ons was ook baie geïnspireer en gemotiveer deur ‘n voormalige Rockspaaider-band wat goeie vriende van ons is. Ons almal wat in die band is,is nou al vir ‘n geruime tydjie baie goeie vriende en deur die band, het ons almal nou net nog nader aan mekaar gekom. Ons eet saam, kuier saam, jaag saam nonsens aan en die grootste een van almal, ons maak saam musiek en jaag dieselfde droom na.
Inspirasies? [wie/wat inspireer julle]
Ons inspirasie vir nuwe musiek kom van ander bands, vriende, ons elkeen se liefde vir musiek, daaglikse gebeure om ons, die samelewing, skool, ens. Ander bands wat ons nogal baie inspireer sluit in Straatligkinders, Skadu van Sekerheid, Rise Against en FPK.
Invloede? [wie beïnvloed julle as band]
Ons ouers beinvloed ons baie, aangesien hulle die mense met die geld is na wie toe ons altyd moet hardloop as daar iets nodig is vir die band. Daar is ook ander bands wat 'n invloed op ons het, veral 'n spesifieke een, aangesien hulle ons mentor band is wat ons werklik baie help.
Wat maak julle band uniek?
Nog ‘n rede hoekom ons die band begin het, is omdat daar deesdae soveel bands is wie se musiek so eenders klink en ons het gedink dis nou bietjie tyd om ‘n nuwe genre musiek te skep. Ons kan onsself nou seker genrerise as alternative afrikaanse punk/metal. Ons het ook ‘n hele paar acoustic songs wat ons doen, maar dis ook nie soos die gewone acoustic songs nie. . .dis ons eie tipe acoustic songs waarin ons ons ook baie sterk kan uitleef. Nog iets wat ons onderskei van ander bands, is dat ons nie 2 lead guitars het wat mekaar twin nie, maar dit met bass en lead regkry. 'n Ander rare ding wat ons ook in 1 of 2 liedjies doen, is dat een van die members van die band sy instrument los en dan saam met die drummer op die set gaan jam. . .MAL!
Diefwering:
Ferdinand Pieterse - Lead guitar + lead Vocals
Marko Mulder - Bass guitar + Raps
Christiaan Zwiegelaar - Drums en back-up Vocals
Connor Fitzgerald - rhythmn guitar
Diefwering het in die klas gesit en "beats" op die tafels gekap en duidelike lirieke opgemaak en besef ons kan iets saam begin... Christiaan en Ferdi kom uit vorige bands uit wat heel suksesvol was Uncuft ens... En toe besluit ons om 'n band te begin.
Ons was oorspronklik 5 lede maar die ou wat die vocals gedoen het het besluit hy is meer 'n ou vir klasieke musiek, so toe het ons 'n hele ander tipe musiek begin maak.
Ons eerste idee vir 'n naam was Die Verantwoorlikheid.
Ons as band het lank gedink en name uitgedink en ens. ons het op 'n finale naam afgekom "diefwering" wat 'n baie mooi betekenis vir elke een van ons het! Ons voel ons as tieners kry baie liefdes teleurstelings en dit breuk ons harte!!! ons het toe gedink dat Diefwering ons harte sal beskerm van al die seer daar buite!!! elke persoon het sy eie betekenis vir die naam maar dis wat ons uniek maak dat ons naam kan mense help besef dat lewe kort is en dat lewe ook seer kan maak! die naam k an ook baie betekenise he!! Ons lirieke is uniek en ons skryf oor liefde en gevoelens. Ons oefen in Kleinbrak in Christiaan se kamer...Ons mini Studio... haha.
Ons tipe musiek wat ons maak is Metal-Rap-Rock... basicly 'n mix van daai drie. Marko doen ons raps en Ferdi doen ons vocals, Christiaan die backup vocals.
Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom]
Ons het in eksamen tyd besluit om 'n band te begin!!! Christiaan en Ferdi kom uit awsome vorige bands en hulle help die band baie!!! Veral om gedisiplineerd te wees!!! Musiek is 'n baie belangrike deel van ons elkeen se lewens!!! Ons skryf musiek wat mense se lewens motto's verander en hulle na ons musiek kan opkyk!!! Ons doel is om dit te geniet en elke sng beter te probeer maak as die vorige een. Ons glo ons lirieke kan wonders uitrig.
Inspirasies? [wie/wat inspireer julle]
Ons as band is ouens wat groot droom!!! Ons elkeen het 'n liefde vir musiek en "performing"! Elke keer voor n gig daai adrenalien wat deur ons are pomp!!! Daai lekker stres gevoel what!!! dis amazing!!! Dit laat ons almal ons beste gee no matter what!!! Alle suksesvolle bands is ook vir ons 'n inspirasie want om daar te kom is hudge!!! Dis ons droom van kleins af!!! Dit inspireer ons om ons gevoelens op papier te sit en dit met die fans te deel deur ons musiek!!! Diefwering 4 life!!!
Invloede? [wie beïnvloed julle as band]
Definitief Underoath en August Burns Red, Pillar en Jack Parow!!!
Wat maak julle band uniek?
Ons lirieke gaan nie net oor liefde, haat of gevoelens nie maar oor allerdaagse lewe waar dit tog gedeeltes van liefde bevat!!!Ons band is uniek met die sterk guitar note en lae tunings vir diep klanke en die siekste beats op die drums... ons skryf ook ons eie musiek!!
In Memory of Tears
Beyers = lead guitar.
Sheldon= Bass guitar
Jarryd= drums
Gabi= vocals + guitar
Beyers van der watt, Sheldon Van den berg, Jarryd West,all in Elkanah house and Gabi Swanepoel in DF Malan. Together we form a super crime fighting team ready to ROCK the world!
Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom]
It all started with Beyers and Jarryd playing together at school functions as they both took music as a subject, they then decided to start jamming together. Gabi was a mutual friend of all of us and when we where putting a band together her amazing vocals put her at the top of the pack. Sheldon is an interesting specimen. he is 6 foot 4 and wears a size 14 shoe! Thats why he is our YETI. Oh and he likes bass and cookies.
Inspirasies? [wie/wat inspireer julle]
We have many inspirations from the simple to the complex, we draw inspiration from things as simple as a cup of coffee of as deep as a tear drop. we like such bands as: Under-oath, Eyes set to kill, bullet for my Valentine, as blood runs black, avenge sevenfold, Boston, ACDC, Dashboard confessional and the local bands are: Stratligkingers, Fokofpolisiekar,Van Coke Kartel, Aking, DHF, Ef-El, Countdown to the red carpet and Alleen na Desember.
Invloede? [wie beïnvloed julle as band]
Under-oath, Eyes set to kill, Bullet for my Valentine, as blood runs black, avenge sevenfold, Boston, ACDC, Dashboard Confessional and the local bands are: Straatligkingers, Fokofpolisiekar,Van Coke Kartel, Aking, DHF, Ef-El, Countdown to the Red Carpet and Alleen na desember. even some hip hop and jazz.
Wat maak julle band uniek?
We are a combination of an amazing drummer, angelic vocals, sick guitar and a Yeti on bass.
But our skills don't set us apart its our personalities that do.
Our music is not limited to one genre but many we have different tastes in music but it all comes together like a "potjie" its everything from the meat(metal) to the rice (acoustic) the the vegetables(classical) boiled over a fire of rock. Giving the audience a great tasting meal that gives them there fill and so much more.