"Ons mis Hunter en sy medisyne"

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Pierre Greeff

Vandag is heel moontlik die mooiste dag wat die Boland nog gesien het...knus hier agter bekende wynplase Tokara en Thelema sit ons en luister hoe Philter tromme tokkel op die liedjies "hallo tannie" en "allie mense".

Moenie bekommerd wees nie dit is darem net working titles. Hunter trek vandag vanaf een stapelhuis na 'n ander. Shame.

Ons mis hom. En sy medisyne. Verder is die twee perdjies wat ons geselskap hou vandag nogal opgeklits vir een of ander rede. Grinnike en koppe wat knik en selfs 'n dubbel-agterbeen-terugskop elke nou en dan...wanneer is dit weer volmaan?

Opnames moet gemaak word in plekke soos hierdie , plekke soos die Shire of Mosambiek. Dankbaar Boksburg was nog nooit die Heuwels se voorland vir hierdie doeleindes nie.

Tuisgemaakte bobotie is in ons mae vandag....kom ons kyk wat gebeur..."wilder as die wildtuin, 'n stokou, klipharde geraas, 'n vuurgloed wat mensdom rond en bont jaag...wilder as die wildtuin"

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar