Ons het die 21ste eeu meer as 'n dekade gelede betree. Ons as Homo Sapiens is voortdurend in beweging, soos Darwin voorspel het. Ons is eindeloos. Wat gebeur as ons die dwelm genaamd NZT ontdek, waar ons 100% van ons brein se vermoë kan gebruik? (Kyk vir Limitless)
Die pienkerige grys weefsel wat ons skedels vul, is te ingewikkeld om te verstaan. Die skakel tussen mense en ape is byna ten volle verstaan.
Miljoene uitvindings is deur die brein uitgedink, van die eerste motor, X-straal, DNA, McDonalds, kredietkaarte, eerste hartoorplanting, WWW, die skaap Dolly en wat meer? Wat meer! Daar moet nog biljoene ontdek word. Ons spesie moet dink om te lewe.
Niks is onmoontlik. Wat as daar 'n einde aan die moontlikhede kom? Ons is op dreef om die planeet te vermoor en die heelal is byna onbekend aan ons.
Van argeoloë tot ruimtevaarders, daar is 'n titel gegee aan alles. Miljoene boeke is geskryf en miljoene sal nog ink op papier kry.
Die toekoms is limietloos, so gaan maak jou voetspore!