Nuwe epidemie in SA!...patriotisme

  • 5
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Emma Stander

Ek het myself nog nooit as ‘n patriot van enige aard beskou nie.

Inteendeel, sien ek myself in skaamte as ‘n quisling: ‘n staatsverraaier, wat enige oomblik die grens sal spring en genot in die groener weivelde van vreemde tonge en onbekende wild (van enige aard) sal vind.

Maar toe kom die Super 14 finaal en die land word in twee geskeur, met ek wat in die middel staan en skree; " Make da circle bigga!"

Jy sien, nie eers rugby kan die patrionisme in my uitbring nie. Mans wat natgesweet ‘n bal rondgooi en hul gesigte onder (of langs?) mekaar se boude indruk, het my nog nooit aangestaar nie. Dit is egter Soweto wat die Proudly South African ‘Ayoba' tuisgemaakte slap pap Chakalaka brandende gevoel binne my opgewek het.

Die artikels oor fratsongeluke en eienaardige prestasies wat soms bladsy agt in die koerant maak, sal waarskynlik ‘n foto en kort opsomming oor my eendag bevat.

Ek is ‘n selfgediagnoseerde xenomaniak wat alle vreemdes verwelkom in die tuisgronde van sonskyn Suid-Afrika. Ek besluit toe om Soweto in my televisiekamer in te verwelkom en laat my pa toe om die Blou-Bul original blou wors konkoksie op die kole te gooi (met die hoop dat dit swart skroei).

Kolossale bobene en intimiderende buike verskyn op die lemmetjiegroenveld in kontras met die wit,swart en blou skare wat bulder van opwinding en angs. En toe draai Soweto die Loftus-tuisveld-parasiete op hul horings en duidsende Vuvuzelas vul die stadium. Die oorverdowende gedrom van die onbekende kom as ‘n skok, maar kort daarna is diè klanke deur boere van alle kante nageboots.

S.A.B het sy deel gedoen en strome onbekendes het die shebeen, taverns en locals leer ken met ‘n quart in die hand. Boere omies het met boep en al die township kinders met sokker uitgedaag. In die strate van Soweto het almal gelag, in die stof gespeel en saam met Mamma van die shebeen en die hele familie die daily specials geniet.

Die ‘r' woord was nog altyd vir my ‘n taboe en ek probeer myself weerhou van oordeel so veel as moontlik.

‘n Toekoms gevul met bitter herinneringe van die verlede gaan ons nêrens bring. Vandag is ek trots Suid-Afrikaans. Ek sal die slaggate benut as ‘n watergat, wanneer City Water ons afsny en gedurende loadshedding onder die maanlig etniese groepe se danse dans.

Dinge is besig om te verander. Patrionisme is Suid-Afrika se volgende epidemie. Ek hoop jy word ook aangesteek.
Wees ikgogomoša Suid-Afrika! Wees trots


 


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar