Nuwe Suid-Afrikaanse rekord vir Affies

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
V.l.n.r. Waldi van Dalen, Nardus van der Walt, Louis Botha en Jacques de Swardt.

Die Noordwes Universiteit Interhoër is op 2 Maart deur die Hoërskool Rustenburg by die Olympia Park-stadion aangebied.

Affies se o.19-aflosspan het ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord tydens die byeenkoms opgestel - 41.25 sek. vir die 4 x 100-aflos. Die vorige rekord was 41.55 sek.

In die geselskap van die land se sterkte atletiekskole (Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Dr. E. G. Jansen, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Kemptonpark, Hoërskool Monument en Hoërskool Waterkloof) het die Afrikaanse Hoër Seunskool genoemde interhoër met 86 punte meer as hulle naaste teenstander gewen.

Dit is die sesde agtereenvolgende jaar wat die Affie-seunspan hierdie prestasie behaal.

Ander Affie-uitblinkers sluit Jandré Slabbert en Andries van der Merwe in.
Jandré is as die dag se beste junior veldatleet aangewys en Andries as die beste senior baanatleet.
Hulle tel onder die sewe Affies wat meer as 1000 punte op die ABSA-tabel verdien het:

Jandre Slabbert (S 15jr) DG 55,71m 1196 punte
Tristan Nel (S 14jr) VS 6,10m 1135 punte
Armand Bam (S 15jr) VS 6,78m 1094 punte
Andries van der Merwe (S 16jr) 110mH 14,06s 1078 punte
Gerhardt de Beer (S 16jr) DG 51,85m 1045 punte
Eckard Rossouw (S 14jr) 90 mH 12,60s 1011 punte
Jan van der Merwe (S 14jr) 200m 23,66s 1007 punte

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar