Norah Jones - The Fall

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Dis moeilik om te glo dat The Fall al Norah Jones se vierde studio-album is.

Dit voel soos nou die dag wat mense begin kennis neem het van die meisie wat "Come Away With Me" en "Don't Know Why" in 'n pragtige, rustige stem gesing het.

Agt jaar later het Norah Jones beslis nog daardie magic wat talle mense op haar musiek verlief gemaak het.

Ja, dis meestal rustige jazz-pop-musiek, maar moenie vir een oomblik dink jy gaan verveeld raak nie.

Luister veral na "Waiting", "Light As A Feather" en "Chasing Pirates".
Dié album kan jy beslis luister.

Lees meer hier oor Norah.Besoek ook www.myspace.com/norahjones en www.norahjones.com

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar