Nie meer oningelig

  • 6
    like dit
  • 2
    like dit nie

Ek het ophou nuus lees die dag toe ek my laaste rubriek geskryf het.

Nie dat ek ooit verskriklik baie nuus gelees het nie. Ek het een keer 'n week op nuusbronne (die dag voor my rubriek moes in wees) die hoofartikels gelees, en dit was genoeg om my 'n paranoïese wrak te maak.

Sedert my vorige rubriek het ek 'n oningeligte lewe gelei en hoewel mense met sterk menings en baie akademiese kennis sal neerkyk op so 'n besluit, voel ek 'n veer.

Waar ek voorheen gesukkel het om te slaap omdat ek geluide buite in die straat gehoor het, slaap ek nou met my vensters oop.

Ek het misdadigers in vreemdelinge gesien, maar nou vertrou ek vreemdelinge teen my beter wete.

Ek het geen toekoms vir ons land gesien nie, nou dink ek nie eens daaroor nie en verkies dit om op my eie probleme te fokus.

Ek was basically bang, maar nou raak ek net bang as iemand my skrikmaak. Dit was freakin' awesome! Ek gebruik die woord "was", want ek skryf nou weer aan 'n rubriek en dus het ek vandag weer die hooftrekke gaan lees.

Dis soos die sepie van die lewe. 'n Mens kan jare nie 7de Laan kyk nie, maar dan kos dit net 'n paar minute om by te kom en presies uit te vind wat aangaan, want dit duur flippin' vir ewig vir enigiets om te gebeur. Nuus is net so. En net soos die sepies is die nuus steeds dieselfde ou twak.

Ek was nou vir 'n oomblik weer in die greep van vrees vasgevang, maar dis belaglik. As 'n mens alles so op een slag sien, is dit soos 'n
hiperrealiteit, 'n oordrewe weergawe van die werklikheid.

Of so wou dit voorkom, maar as ek kies om nie nuus te lees nie, is ek nie net so erg soos die leke wat Julius Malema se strooi glo nie? Ek dink ek is. Helen Zille is 'n hoererende Satanis? Dankie dat jy dit uitgewys het, genius.

As ek nie voorheen in my lewe werklik die nuus gevolg het nie, sou ek dit dalk geglo het!

Ek besef nou ek het in 'n droomwêreld geleef.

My faux-persepsie van die status quo was juis dit. Fake. As 'n mens nie ingelig is nie, kan enige idioot jou vir 'n pop vat (soos diegene wat Julius Malema se nonsens glo).

So met 'n knippie  sout en 'n sterk gemoed pak ek weer die werklikheid aan in die naam van joernalistieke trots. Dankie tog!

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Frank
    20 months ago
    Die publisitteit van dinge soos Julius Malema, die AWB en al daardie K@k gee die negatiewe(AWB, Julius...) mag. As mens ophou om hulle aandag te gee gaan hulle nie meer mag hê nie, maar ons almal weet dit gaan nie gebeur nie aangesien die media die koerant verkope ens. geniet. Al wil ons dit vermy kan ons nie. Die tyd dat almal aanbeweeg van hierdie rasse k@k het al 16 jaar gelede gekom. Dalk is ek 'n idealis... Dalk is ek maar net nog 'n lid van 'n apartheid vrye generasie wat hierdie twak moet sluk aangesien dit in ons keel afgedruk word. Ek is oor dit.
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar