Ons hoor dit elke dag , in karre , in die "malls" , by pelle in hulle huise , in ons ouma`s se kombuise. Ja , musiek is werklik oral en sê verseker iets oor die persoon wat daarna luister.
Net soos wat `n mens verskillende mense in groepe verdeel (o.a. die "nerds" , rugbysterre, mode popies ens.) kan `n mens ook mense verdeel volgens die musiek wat hulle luister en gebeur dit soms dat musiek iemand se regte kleure na vore kom. Dis so maklik soos ABC.
Om dit in `n neutedop te verduidelik pas die regte letters en syfers bymekaar.
Song
1. California girls – Katy Perry
2. Enige iets deur die klipwerf orkes
3. Yeah x 3 –Chris Brown
4. Back in Black- ACDC
5. Beethoven se 3de Simfonie
6. Player 23 –Robbie Wessels
7. Voluit lewe –Amor Vitonne
Persoon
a) Die nerd wat altyd 100% vir als kry.
b) Die ma wat heeldag kinders rond ry.
c) Die “Emo Kid” wat nooit praat nie.
d) Die mooi populere blonde poppie.
e) Die ouma wat altyd oor die goeie ou dae praat.
f) Die sports ou met die “six pack”.
g) Die pa wat ALTYD braai.
Die antwoorde:
1. D
2 E
3 F
4 C
5 A
6 G
7 B
As jy die kolomme vinnig en maklik bymekaar laat pas het, verstaan jy presies wat ek bedoel. Volgens die webwerf Music , Emotions and the Brain is daar baie vrae wat mense vrae oor die kragtige skakel tussen musiek en die brein , wat bepaal hoekom ons daarna luister , maar baie min antwoorde bestaan hiervoor. Ons is in staat om die emosionele reaksies wat veroorsaak word deur musiek te kwantifiseer, maar ons kan dit nie verduidelik nie.
Net so is daar selfs terapie wat met die hulp van musiek aangebied word. Wikipedia.com verduidelik dat musiekterapie `n interpersoonlike proses is waarin die terapeut gebruik maak van musiek en al sy fasette om `n klient te help verbeter of om hul gesondheid konstant te hou. Die pasiënt se behoeftes word in sommige gevalle direk aangespreek deur die musiek.
Dink nou maar net die liedjies waarna ons luister kan beslis vastel wie ons is of ons emosioneel gerus stel vir sekere gebeure. Liedjies soos Fireworks deur Katy Perry is die ideale goedvoel liedjie , waar sy sing "Baby your a firework , come on show them what your worth."
Ander liedjies, soos Shakira se Give it up to me motiveer jou: "Make it happen. Anything you want you can make it yours. Anything you want in the world.". Liefdesliedjies en Franse musiek is die ideale musiek vir `n suksesvolle romantiese aand. Terwyl hartbreekmusiek soos Nelly se Just a dream ons laat terugdink aan lang verlore liefdes. Liedjies soos Kickstart deur Example en J-Lo en Pitbull se On the floor laat enige partytjie kook.
Ons koppel liedjies ook aan gebeur en mylpale in ons lewe o.a. die troumars op jou spesiale dag, 2010 se Waka Waka , daai eerste dans by daai eerste sokkie op daai spesiale liedjie, ons opdraf "song" by die rugby - die lys is oneindig.
Ek dink, `n nerd sonder Beethoven en Bach , is nie `n nerd nie. `n Ma se kar is stil sonder Amore Vitonne en Nianell. `n Pa se vuur brand nie sonder Robbie Wessels en Bok van Blerk nie. Die blonde poppie lyk maar vaal sonder Katy Perry , Britney en Rihanna. Die rugby "jock" is onhandig op die veld sonder Black Eye Peas , Chris Brown en Usher. `n "Emo Kid" kort sy elektriese kitaar vroeg in die more en Ouma kan nie haar sokkies aankry sonder haar langarm sokkiemusiek nie! Maar dis maar net wat ek dink...