"My God is lief vir gays!"

  • 24
    like dit
  • 18
    like dit nie

"My God is lief vir gays!" was Kelly Osbourne se boodskap vir homofobiese mense wat die 40ste Los Angeles Gay Pride Parade in Hollywood in die wiele probeer ry het.

Kelly, die dogter van die wilde rocker, Ozzy Osbourne, en sy vrou, Sharon, is 'n aktivis vir gay-regte. Sy en ma, Sharon, het erg deurgeloop nadat homofobe die parade in die wiele probeer ry het.

Die homofobe het volgens die Daily Mail walglike beledigings vir Sharon en Kelly geskree, waarop Sharon eerste gereageer het deur te sê hulle moet hulself skaam.

Kelly het ook nie teruggehou nie en die mikrofoon gegryp en geskree: "My God is lief vir gays!" Hierna het almal dit begin skree.

Sien ook:
"Ek's anders": Gay-tiener-wees

Gebruikers Kommentaar (55)

  • Adrian
    12 days ago
    Al wat ek wil se, is dat ek vir jare gay "was". Ek weet verseker dat dit die Gees van God is/was wat my oortuig het dat gay-wees nie deel van God se oorspronklike plan nie! ja, ek "battle" nogsteeds daarmee-maar weet ek sal defnitief nie n verdere gayverhouding van langer as n dag he nie!!... Be Blessed!!
  • Riaan
    19 months ago
    Shame, het julle arme homofobiese xtene niks beter om te doen as om gays te bash op 'n forum wat julle nie aangaan nie (Mario is 'n gereelde oortreder. Wonder watter geraamtes het hy in sy "kas". No pun intended). Julle gaan altyd tekere oor goed wat nie eers aangeraak word in die oorspronklike artikel nie. Feit van die saak is: God is lief vir alle sondaars. En as homoseksualiteit sonde is (wat ek twyfel, aangesien dit nie 'n wilsbesluit is nie en die idiote wat so lief is om Romeine aan te haal al die ander voorskrifte gerieflik miskyk). Ek traak my nie aan mense soos julle nie. Ek vereenselwig my eerder met Ateiste/Hindoes/boediste as om met homofobiese christene te sosialiseer. Julle het nog baie om te leer oor mensliewendheid en ek hoop regtig die hel bestaan, net om te sien hoe julle eendag brand. Bwahaha

    You know you love me.
    XoXo
    Riaan
  • kobus
    19 months ago
    Ja my God, Jesus Christus, is net so lief vir Gays. Maar dit is die Gay DAAD wat Hy absoluut verafsku en wat gay mense wat daarmee aangaan in die ewige Hel sal laat beland!
  • Mario@Stupit
    19 months ago
    Nee,die bybel; noem Christene gekke en dwase en stupid wat so optree,lees jy nie jou bybel nie?Of dink jy alle "Christene"is werklik Christene?Natuurlik is daar dwaas ,dom en stupid Christene,veral die wat homoseksualitiet verdedig en die bybel probeer verdraai.Dis nie "stupit" nie maar stupid.
  • Johan
    19 months ago
    Ek wil vir Kelly net die volgende se.... My God het ook gay mense lief omdat hy almal perfek geskape het...MAAR... dit is 'n keuse om gay te wees en my God se dat as jy jou sonde voor Hom bely sal jy gered wees. Nee Kelly jy moet die pad saam met Jesus in gehoorsaamheid stap.... Kelly ek weet nie wie is jou god nie ... maar moet nie dat die duiwel leuns aan jou waarmaak nie.... Die prys om te betaal vir ongehoorsaamheid is groot as ons dit nie voor Jesus se voete gesit het nie.
Bladsy 1 van 11
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar