Orale seks kan dalk 'n voorloper vir geslagsgemeenskap wees vir sommige tieners - en so indirek hul kans om seksueel oordraagbare siektes te kry of swanger te word, verhoog.
Reuters berig oor dié bevindinge van 'n nuwe studie wat hierdie week in Archives of Pediatrics & Adolescent Medicine se aanlyn weergawe gepubliseer is.
Navorsers het bevind dat slegs 9% van hoërskoolstudente wat teen die einde van graad nege begin het om orale seks te beoefen hul weerhou het van geslagsgemeenskap tot en met die einde van graad 11.
Orale seks is die mees algemene seksuele aktiwiteit onder tieners, met een in vyf hoërskoolleerders en meer as die helfte van 15 tot 19-jariges wat dit beoefen. Diesnieteenstaande adresseer talle seksopvoedingprogramme slegs onthouding van seks as om veiliger seks te boefen. Die rol van orale seks in tieners se seksuele gedrag word glo ook gereeld geïnoreer, meen die senior navorser dr. Bonnie L. Halpern-Felsher van die University of California.
In 'n vorige studie is bevind dat tieners orale seks as meer aanvaarbaar beskou en vind dit meer as geslagsgemeenskap plaas. Volgens Halpern-Felsher verkeer talle tieners ook onder die indruk dat orale seks veiliger is en minder mediese gevolge het, waaronder seksueel oordraagbare siektes, MIV en swangerskap, sowel as sosiale en emosionele gevolge, as geslagsgemeenskap.
Vir die nuwe studie is honderde studente vir vier jaar bestudeer. Die tieners moes elke ses maande nuwe vraelyste invul in verband met hul seksuele gedrag.
Onder die bevindinge was ook dat tieners dikwels nie orale seks as seks beskou nie en so ook boodskappe oor veilige seks nie daarmee verbind of relevant vind tot hul eie gedrag nie.
Sien ook:
JIP loer onder die lakens
Wat gaan aan onder tieners se lakens?
15-jarige seksverslaafde ontstel op TV