Meer as 1000 in hokkie-aksie

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Die Suid-Vrystaatse o14?C-hokkiespeler Carla Franco (regs) is Vrydag op pad om met een van haar verskeie kookwater-aanvalle te begin.

Hokkie-geesdriftiges in Bloemfontein het reeds van Vrydag af die geleentheid gekry om tot hierdie Saterdag uitstaande hoërskole-hokkie te besigtig.

Meer as 1 000 spelers van regoor Suid-Afrika is in aksie. Om aan die geleentheid nog meer aansien (internasionaal) te verleen, is Namibië met nie minder nie as ses spanne hier om die Suid-Afrikaners se spelpeil te toets.

Die o.14-afdeling vir seuns en meisies van dié skouspelagtige toernooi het gister afgesluit en as dit 'n aanduiding is van die gehalte hokkie wat nog verder dié week gespeel gaan word, is bywoning ‘n móét vir elke hokkieliefhebber in die Rosestad.

Die o.16-ouderdomsgroep van die toernooi begin vanoggend en duur tot Woensdag. Twaalf seunspanne en tien meisiespanne sal mekaar onderskeidelik by Grey en Eunice die stryd aansê.

Die groot kanonne (o.18's) vat mekaar van Donderdag tot Saterdag aan as nege seunspanne by Grey die stokke gaan laat klap en die skoner geslag in dié ouderdomsgroep mekaar by Eunice in die oë gaan kyk.

Die tuisprovinsie by die toernooi is die Suid-Vrystaat wat meestal uit spelers van Bloemfonteinse hoërskole bestaan, maar hulle gaan na dié toernooi besef dat Bloemfontein nie die enigste sterk hokkiestad in die land is nie.

Groot hokkiename soos die Westelike Provinsie, Noord-Vrystaat, Suid-Gauteng, Noord-Kaap, Oos-Gauteng, Boland, Suid-Westelike Distrikte en die Oostelike Provinsie het reeds hul intrek in Bloemfontein geneem om hul staal te toon.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar