Marlow vs die Hoërskool Noord-Kaap

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie

Die Hoër Landbouskool Marlow se rugbyseisoen het Saterdag, 6 Maart op Kimberley teen Hoërskool Noord-Kaap begin.

Ses spanne het teen mekaar meegeding in uiterse warm weer. Alhoewel die rugbyseisoen maar so pas begin het, was dit duidelik dat beide skole weer vanjaar hul stemme dik gaan maak tussen die rugby spelende skole in Suid-Afrika.

Goeie rugby is van meet af gespeel, maar dit was ook duidelik dat al die spelers nog sukkel om aan te pas by die veranderde rugbyreëls. Baie strafskoppe is, veral by die breekpunte, toegeken wat die ritme van die spel beïnvloed het. Tog het beide skole klipharde rugby gespeel in 'n goeie gees en die toeskouers vermaak op aanskoulike rugby.

Die dag se rugby het soos volg verloop:

Derde spanne: Goeie hardloop rugby word gespeel. Met tye het Marlow oorheers met voorspelerspel en dan het Noord-Kaap weer teruggeslaan met sy vinnige agterlyn. Marlow wen hierdie stryd met 15 - 10. Hou hierdie Marlow spannetjie maar gerus dop. Hulle is beslis ook ‘'n bewys van die diepte van Marlowrugby.

0/14 A-spanne: Hierdie twee spanne het van meet af aan goed teen mekaar op geweeg en beide skole sal die twee spanne mooi oppas want hulle kan ontwikkel tot top spannetjies. Noord- kaap druk eerste waarna Marlow dadelik terugslaan deur ook te druk. Noord-Kaap druk weer 'n onvervyfde drie en Marlow maak die telling gelykop deur 'n doel aan te teken. Eindtelling is dus 12 elk.

0/15 A-spanne: Verlede jaar op Marlow het die 0/14A-span gewen. Noord-Kaap verhang egter die bordjies en klop Marlow 22 - 5. Marlow sukkel veral in die skrums en kan die heel wedstryd nooit werklik aan die gang kom nie. Ons weet egter dat hierdie bo-gemiddelde span volgende Saterdag weer hul stem sal dik maak, want die talent is beslis daar om te ontwikkel tot 'n top span.

0/16 A-spanne: Noord- Kaap spog met hierdie span wat seker man vir man groter is as hul eerste span. As 0/14's het hulle met 80 punte teen Marlow gewen. As 0/15's het die telling al gedaal na 50 punte. In ‘'n klipharde wedstryd klop hulle die moedige Marlowspan met 29 - 18. Marlow voel goed oor hierdie wedstryd, want die tweede helfte word oorheers deur Marlow met goeie vaste rugby. Noord-Kaap se vinnige, venynige agterlyn sal menige span vanjaar laat les opsê.

Tweede spanne: In 'n terleurstellende wedstryd waar baie hanteringsfoute gemaak word klop Nood-Kaap Marlow met 17 - 8. Marlow het vroeg in die wedstryd gaan druk maar kon nooit hul ritme vind nie.

Eerste spanne: In 'n harde wedstryd waar die temperatuur vêr bo 30 grade was, klop Noord-Kaap Marlow met 17 - 9. Marlow was ongelukkig met beserings en in 'n stadium was daar vier reserwes op die veld. Beide spanne sukkel om aan te pas by die nuwe reëls wat die tempo van die wedstryd beïnvloed. Nood-Kaap verdien egter om hierdie wedstryd te wen.

As geheel gesien, kan Marlow goed voel en uitsien na 'n goeie 2010 seisoen teen van die sterkste skole in Suid-Afrika.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar