Marlow se krieketspan klop Winterberg

  • 6
    like dit
  • 0
    like dit nie

Die Hoër Landbouskool Marlow se o.15B-krieketspan het Woensdag, 17 Februarie, teen Winterberg Landbouskool se o.15B-span kragte gemeet op Marlow.

Marlow het eerste gekolf en teken 139 lopies aan vir die verlies van 4 paaltjies.

Dit was veral Herman Marais wat goed gekolf het en hy moker 54 lopies nie uit nie. Herman se beurt sluit 6 grenshoue in en ook 'n reuse-ses.

Daarna het Winterberg gaan kolf en kon slegs 85 lopies aanteken. Ockert du Preez en Arno Pienaar het elkeen 4 paaltjies laat kantel van die besoekers.

Marlow se 0/15B span sluit die seisoen op ñ hoogte punt af en wen die wedstryd gemaklik met 54 lopies.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar