Marlow hou geslaagde O/13-rugbyweek

  • 7
    like dit
  • 0
    like dit nie
Foto: Hennie Olivier

Die afgelope April-vakansie het die Hoër Landbouskool Marlow sy agtiende rugbyweek vir O/13 laerskoolspanne aangebied.

Seshonderd en vyftig rugbyspelers, meer as 120 onderwysers en baie ouers het op Vrydag, 26 Maart in Cradock gearriveer en het weer op Woensdag, 31 Maart die langpad aangedurf huistoe.


Hierdie week wat landswyd bekend is, het deur die jare gegroei tot een van die grootste O/13 rugbyweke in Suid-Afrika (as dit nie die grootste is nie?), en het ‘n belangrike datum geword op die rugbykalender van baie laerskole. Omdat meer skole jaarliks aansoek doen as wat toegelaat kan word, het die week ontwikkel in ‘n prestige geleentheid en baie laerskole het reeds plek bespreek vir die 2011 rugbyweek.


Een en dertig skole vanuit die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Suid-Kaap en Noord-Kaap het op Marlow saamgetrek vir rugby.


Benewins sinvolle rugbyafrigting wat op ‘n praktiese en profesionele wyse aangebied is deur Cheetah Kidz van die Vrystaat het elke span die geleentheid gekry om drie wedstryde te speel.

Uitstekende rugby is gespeel en dit was reeds met die eerste wedstryde duidelik dat ‘n baie hoë standaard op die veld gehandhaaf gaan word, selfs al is dit nog maar die begin van die seisoen.


Marlow het lankal reeds besef dat die aanbied van hierdie week ‘n groot leemte onder laerskole vul omdat dit al hoe moeiliker vir hierdie skole raak om te gaan toer.

Die feit dat Marlow op ‘n plaas geleë is beteken dat dit ook baie veilig vir die seuns en afrigters wat dit bywoon is, en is Marlow se fassiliteite en omgewing ook by uitstek geskik vir die aanbied van sulke weke.


Alhoewel daar tydens die afgelope week baie tyd spandeer is aan afrigting en ander fasette van rugby, was daar word ook tyd gemaak vir ‘n sinvolle ontspanningsprogram en die spelers en hulle onderwysers het die geleentheid gekry om op ‘n eg plattelandse wyse te ontspan. Daar is met binnebande op die rivier gevaar, kleilatkompetisies is informeel tussen die spanne gehou en die toutrekkompetisie het ook baie groot aftrek gekry.


Deur die jare het die spelers en afrigters dan ook baie hegte vriendskapsbande op Marlow gesmee en baie skole wat die week bywoon begin onderlinge toernooie en wedstryde in die betrokke seisoen reël.


Met die trae ekonomiese toestande wat ons tans op die platteland ervaar is aktiwiteite soos die aanbied van hierdie O/13 rugbyweek geweldig belangrik vir ons dorp.

Skole en ouers wat vir vyf dae hier kom bly bring geld van buite na die dorp. Hierdie mense moet immers eet, iewers bly en brandstof in hulle voertuie gooi. Verder speel die week ‘n beskeie maar belangrike rol in die advertering van ons pragtige dorp, en kan dit op die langtermyn help met die bevordering van toerisme in Cradock.


Hudson Park van Oos-Londen en Paarl Gimnasium het op die laaste dag in die hoofwedstryd kragte gemeet. Beide spanne het uitstekende rugby gespeel en die gelykop uitslag van 5 - 5 het die O/13 Rugbyweek op ‘n gepaste wyse afgesluit.


Die tellings vir die laaste rondte wedstryde wat gehou is, is soos volg:


DINSDAG, 31 MAART 2010
WILLIE MEYERVELD (A)


12:45
Marlow XV
0
vs
Newtonpark
29


13:30
Lochnerhof
14
vs
Hermanus
19


14:15
Durbanville
5
vs
Handhaaf
14


15:00
Gene Louw
5
vs
Susannah Fourie
35


15:45
Eikestad
5
vs
Outeniqua
5


17:00
Hudson Park
5
vs
Paarl Gimnasium
5



KAIAVELD (B)


13:30
Onranje-Noord
12
vs
Worcester-Noord
18


14:15
Jeffreysbaai
12
vs
Somerset-Wes
41


15:00
Frans Conradie
0
vs
Lorraine
36


15:45
Cradock
17
vs
Eureka
17


17:00
Seod
7
vs
Swartland
10


SPOOKHUISVELD (C)


13:30
Albertyn
31
vs
Carinus
5


14:15
Stulting
29
vs
Mount Pleasant
12


15:00
Sonop
27
vs
Westering
0


15:45
De Aar
17
vs
Welgemoed
7


17:00
Sunridge
10
vs
Totius
10


 


 


 


 


 

Gebruikers Kommentaar (1)

  • anoniem
    4 months ago
    hugo rust kom 2012!
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar