Lady Gaga soos sy op die voorblad van Rolling Stone verskyn.
Fans van Lady Gaga kan uitsien na haar nuwe album, wat sy pas voltooi het.
Die 24-jarige sangeres, wat baie bekend is vir haar vreemde uitrustings, beplan glo om die album vroeg volgende jaar vry te stel, het sy aan Rolling Stone vertel. Gaga is op 'n spesiale dubbeluitgawe van die tydskrif op die voorblad, berig Reuters.
Sy het gesê sy dink daaraan om die album se naam op haar te laat tatoeëer en dan 'n foto daarvan vry te stel. Volgens haar voel sy baie sterk dat die album nou gereed is.
Sien ook:
Lady Gaga se selfbeeld ook soms swak