LSOB-atlete wys eersdaags hul staal

  • 4
    like dit
  • 0
    like dit nie

 


Ongeveer 700 atlete gaan Vrydag, 12 Maart en Saterdag, 13 Maart weer kragte meet op D.P. de Villiers-stadion.

Volgens Mnr JB vd Merwe, hoof van Fakkelskool en Voorsitter van LSOB (leerders met spesiale onderwysbehoeftes) Sport SA, is dit die 31ste byeenkoms waaraan elf bonde vanoor die hele land deelneem.

Die meerderheid van die atlete kom uit skole vir matig leergestremde leerders. Die res van die atlete kom uit skole vir dowe leerlinge, gedragsgestremde leerlinge en neuraalgestremde leerlinge.

Van der Merwe wil ook namens al die Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes en LSOB Sport SA vir Sasol Infrachem bedank vir die ruim borgskap wat hulle gegee het waarsonder hierdie byeenkoms nie sal kan plaasvind nie.

Ons dank ook aan die Provinsiale departemente van Sport wat hulp verleen met die vervoer en verblyf van die atlete van elke provinsie.

Die Nasionale Departement van Sport en Rekreasie verleen hulp tydens die byeenkoms met kospakkies en ander bedryfsuitgawes waarvoor ons baie dankbaar is.

Die byeenkoms begin Vrydag reeds om 12:00 en eindig 17:30 en Saterdag om 08:00 en eindig om 17:00 met die prysuitdeling waartydens die SA LSOB Atletiekspan aangekondig sal word wat op 25 tot 27 Maart 2010 aan die Hoofstroom SA Atletiekbyeenkoms in Sasolburg by D.P. de Villiers-stadion gaan deelneem.

Van der Merwe sê: "Slegs veertien tot twintig atlete voldoen jaarliks aan kwalifiserende standaarde om aan die hoofstroom byeenkoms deel te neem en dit maak die SA LSOB byeenkoms onontbeerlik om aan die massa atlete die kans te gee om op provinsiale vlak deel te neem en moontlik te kwalifiseer vir nasionale kleure."

Van die LSOB atlete het ook al die hoogste sport bereik deur ingesluit te word in die hoofstroom Suid-Afrikaanse span wat dan internasionaal deelgeneem het.

Volgens die woordvoerder van die reëlingskomitee is dit die 31ste keer wat Fakkelskool optree as gasheer vir hierdie prestige byeenkoms. Dit is heel moontlik die laaste SA LSOB byeenkoms vir Sasolburg vir ‘n lang tyd aangesien ‘n rotasiebeleid in werking gestel word van volgende jaar af. Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om hierdie puik atletiek te kom aanskou.

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Mollie
    26 months ago
    Like it!
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar