Kwaggas seëvier teen teenstanders van Klerksdorp

  • 7
    like dit
  • 0
    like dit nie
Foto: Marius Nortje

Rugbyspanne van reg oor die land het Donderdag in Krugersdorp aangekom vir die Hoërskool Monument se Paasnaweek-rugbytoernooi.

Die wedstryd tussen die gasheerskool se tweede span, die Monument Kwaggas, en hul teenstanders van Klerksdorp was 'n naelbyt-affêre. Met 'n eindtelling van 17-16 in die Kwaggas se guns is dit duidelik dat daar klipharde rugby gespeel is.

In 'n ander wedstryd wat meer drieë opgelewer het, het Paarl Gimnasium se tweede span die tweede span van Parktown Boys' High met 63-5 verniel.

Donderdag se uitslae: KES tweede 39 Eldoraigne tweede 14; Linden 20 HTS Witbank 14; Monument Kwaggas 17 Klerksdorp 16; Menlopark 23 Pietersburg 15; Menlopark tweede 25 St. John's tweede 7; Paarl Gim tweede 63 Parktown Boys' High 5.

*Die foto's kan bestel word by marius@mariusnortje.co.za


 

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Lesley
    28 months ago
    Dankie vir die pragtige foto's oor die Jool! Dit maak ou herinneringe wakker.... veral waar ek nou Downunder bly. MATIES BO!!
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar