Is jy 'n knorrige tiener?
Tieners is dikwels knorrig, selfgesentreerd en roekeloos omdat hul breine anders funksioneer wanneer hulle iets geniet.
Só sê wetenskaplikes in 'n nuwe studie.
'n Studie van rotte het bevind dat meer neurone in tieners se breine geaktiveer is wanneer hulle lekkernye ontvang het as volwassenes - dit beteken dat hulle belonings oorprosesseer en kwesbaar word vir verslawende of impulsiewe gedrag.
Die navorsers sê dít kan verduidelik hoekom tieners meer risikos neem en 'n neiging toon tot verslawing, depressie en skisofrenie en knorrig kan wees.
Die navorsers glo dat daar veranderinge is in die manier hoe tieners en volwassenes se breine goed prosesseer en dít die unieke kwesbaarheid en voorliefdes van tieners kan verduidelik.
In kort funksioneer tieners en volwassenes se breine anders wanneer hulle gelukkig is en dit kan hul gedrag beïnvloed, asook hul kwesbaarheid tot sekere siektes. - Daily Mail