Klein irritasies wat Facebook se pret bederf

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie

Dis waar: Ek doen dit omtrent 40 keer per dag. Eerste ding in die oggend en laaste ding voordat ek gaan slaap.

Ek kyk wat op Facebook aangaan. Ek is heeltemal verslaaf aan wat daar buite aan die gebeur is (en met die mense wat ek stalk).

Maar daar is so 'n paar goed van hierdie sosiale netwerk wat my irriteer en nee, dis nie wanneer ek elke halfuur 'n nuwe notification kry nie, maar eerder wanneer mense die volgende doen:



  • Wanneer jy my gebruik om net jou teiken van 3 000 vriende te bereik. Ons praat nooit. Ons sien mekaar skaars. Vriende is 'n relatiewe term as dit by ons kom. Maar steeds het jy die behoefte gevoel om vir my 'n friend request te stuur.

  • Wanneer ek kan sien dat jy daardie foto van jouself geneem het, en dit wil laat lyk asof iemand anders jou in jou glorie-oomblik gekiek het. Skat. Jy't 'n sonbril op jou oë. Daai "lang arm van die gereg" is duidelik sigbaar.

  • Wanneer jy op almal se vrae of kommentaar reageer, behalwe myne. @Carryn-Ann LOL dan.

  • Wanneer jy elke dag praat oor hoe aaklig jou dag was. Ja, jy weet wie jy is. Jy doen dit élke dag. Eers wanneer jy besef dat Facebook nié 'n uitlaatklep of 'n sielkundige is nie, is die dag wanneer ek gaan begin omgee.

  • Wanneer jy elke aand vir my moet sê wat jy vir aandete geëet het.

  • Wanneer jy vir my 'n invite stuur na elke klein geleentheid wat jy het. Of elke groep waaraan jy behoort. Of elke Animal Farm-game wat jy speel.

  • Wanneer dit voel asof jy my stalk! (Ja, oukei dan, ek doen dit ook soms, maar nie meer so baie nie.) Moet asseblief nie op élke laaste status update van my kommentaar lewer nie.

  • Wanneer jy ou wyshede aanhaal en nie die naam verskaf van die persoon wat dit oorspronklik gesê het nie. Dis immers nie jou woorde nie.

  • Wanneer jy 'n blow by blow account gee van wat op 7de Laan aangaan. Ek wil nie weet nie.

  • Wanneer jy my in foto's tag wat ná 02:00 die oggend geneem is. Ons almal weet niks goed gebeur ná 02:00 nie.

  • Op daai noot, wanneer jy my in foto's tag waarin ek nie is nie, en dis een of ander teddiebeertjie wat aandui hoe lief jy vir my (en 100 ander mense wat jy ge-tag het) is.


Of dalk. Dalk moet ek net minder mense stalk.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar