Die spanne van agt top-skole het Vrydag 19 Februarie pragtige atletiek opgedis by die Universiteit van Johannesburg se nuwe atletiekstadion in Westdene.
Kempton Park is as wenners gekroon danksy puik vertonings deur Tiaan Jacobs (400m, 800m en 1500m vir seuns o.15), Monique Stander (800m, meisies o.15), Chantelle Potgieter (400m, meisies o.15) en Sune Jonker (800m en 1500m vir meisies o.14).
Verskeie byeenkomsrekords het gespat.
In die diskusgooi vir seuns o.15 het Jandre Slabbert van Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria 'n afstand van 57,03m behaal, wat hom 'n volle 1200punte op die Absa-tabel in die sak gebring het.
Tiaan Jacobs (Kempies) het die 800m vir seuns o.15 met meer as 4 sekondes tot 1:57.86 verbeter.
In die 800m vir meisies o.15 het Monique Stander (Kempies) 'n rekord van 2:13.41 opgestel -- byna 5 sekondes vinniger as Eugenie Lombard (Menlopark) se rekord verlede jaar.
Eugenie, wat vanjaar o.16 hardloop, het self Vrydag 'n spinternuwe 800m-rekord agter haar naam geskryf: 2:16.65.
Ander rekords sluit in:
Seuns:
1. Irne Herbst (Klofies) Gewigstoot o.17, 18,65m
2. Tristan Nel (Affies) Verspring o.14, 5,94m
3. Andries van der Merwe (Affies) 110m-hekkies o.16, 13,91
4. Armand Bam (Affies) Verspring o.15, 6,58m
5. Divan Swanepoel (Klofies) 800m o.15, 2:00.09
Meisies:
1. Janet Seeliger (Affies) Verspring o.15, 5,62
2. R. Heyns (Affies) Diskusgooi o.14, 33,85
3. Chantelle Potgieter (Kempies) 400m o.15, 57.02
4. Kayla Gilbert (Jansies) Verspring o.17, 5,88
5. Sone Jonker (Kempies) 1500m o.14, 4:51.37
Die finale puntestand lyk so:
1. Kempton Park (368)
2. Menlopark (308,5)
3. Waterkloof (300)
4. Afrikaans Hoër Seunskool Pretoria (286,5)
5. HTS Middelburg (252,5)
6. Afrikaans Hoër Meisies Pretoria (228,5)
7. Dr EG Jansen (193,5)
8. Florida (130,5)
Die volgende atlete het R500-geskenkbewyse van PNA ontvang:
Meisies
Juniors:
Beste baanatleet: Monique Stander
Beste veldatleet: Janet Seeliger
Seniors:
Beste baanatleet: Eugenie Lombard
Beste veldatleet: Kayla Gilbert
Victrix Ludorum (beste drie items): Janet Seeliger
Beste Meisie-atleet: Monique Stander
Seuns
Juniors:
Beste baanatleet: Tiaan Jacobs
Beste veldatleet: Jandre Slabbert
Seniors:
Beste baanatleet: Andries van der Merwe
Beste veldatleet: Irne Herbst
Victor Ludorum (drie beste items): Tiaan Jacobs
Beste seuns-atleet: Jandre Slabbert
Atleet van die dag (R1000-geskenkbewys): Jandre Slabbert