Ke Nako! Stakings is hier

  • 5
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Emma Stander

Ons leer woorde ken soos ons deur die loop van die lewe gaan en wysheid erêns langs die pad optel. Die betekenis van 'n woord, word egter eers ontdek die dag wat jy dit beleef, wel ek praat nou spesifiek van woorde wat jy nie in 'n boksie kan sit nie.

Woorde soos jaloesie, liefde, frustrasie, opwinding en geluk het betekenis gekry soos ek dit eerstehands ervaar het. Dit is egter eers onlangs wat ek 'n nuwe woord se betekenis ontdek het; patriotisme.

"Are you South African?" Ja oom, ek is trots Suid-Afrikaans en dit is my land wat die gasheer is van 2010 Wêreldbekersokkertoernooi was. Hoendervleis het my liggaam oortrek soos ek trots erkenning aan my nasionaliteit en reënboog-nasie-land gegee het. Feel it, it is here.

Maar binne 'n oogwink was dit als verby en stadig het als terug na ‘normaal' gekeer. Die slaggate het gou weer Tiger Wheel & Tyre se klante teruggebring. Mense het begin terugkeer na voldag werksure. Die vlaggies wat eens trots gewaai het met elke tweede kar, het stof erens begin opgaar. En mense het weer besluit dit is hoogstyd vir stakings.

Die oomblik toe die eindfluitjie geblaas het en Spanje as helde terruggekeer het, het my hoendervleis bedaar. My trots het geleidelik begin weggekwyn. Dit was die laaste keer wat patriotisme in my are en hart gevloei het. Tot nou.

Noem my maar 'n banale optimis, maar ek was vir die eerste keer weer trots Suid-Afrikaans, met die staking wat soos 'n plaag deur ons land versprei het om 'n ‘nasionale krisis' op staatsamptenare se hande te plaas.

Terwyl duisende onderwysers en verpleegsters in die strate gaan toi-toi het, het ek met trots gegloei. Elke koerant in Suid-Afrika het oor hierdiè ‘ramp' berig, maar nie een het die positiewe daaruit probeer put nie.

Ongeag diversiteit, het swart, wit, bruin en geel bymekaar gekom om 'n helpende hand te gee. Daar was klein dogtertjies wat ywering kos aangedra het, soos regte ‘waiters'. Die miljoenêr tannie wat met liefde op haar knieë afgesak het om die vloere te was. En die ou ooms en tannies wat maar net daar was om met die pasiënte te gesels.

Jy sien, soms het 'n mens 'n krisis nodig om weer 'n eenheid te vorm. Soos troepe soldate wat saam staan om teen vyande te veg, het Suid-Afrika die stakings nodig gehad om mense te laat besef dat ras, klas en opvoeding ten einde nie bepaal wie die mense is wat werklik'n verskil maak nie.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar