Die jaarlikse nasionale skolenetbaltoernooi, wat vanweë die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie soos gewoonlik in die winter-skoolvakansie kon plaasvind nie, word nou van eerskomende Vrydag in Boksburg aangebied.
Die WP sal deur dié drie spanne verteenwoordig word:
ONDER 19: Melanie von Günten (Fairmont, kapt.), Zimari Smit (De Kuilen), Mandy Madikwa (Oaklands), Busiswa Madikane (Monument Park), Zikona Magqazolo (Harry Gwala), Carmen Burger en Rochelle Lawson (albei Tygerberg), Madale Bezuidenhout en Lou-Marie Taljaard (albei HS Bellville), Lebo Mosia (Meisieskool Rustenburg) en Heleen Grundlingh (Brackenfell).
ONDER 16: Antoinette Jacobs (Brackenfell), Carla Lambrechts en Cassandra Fischer (albei HS Bellville), Nadia Roelofse (Tygerberg), Nwabisa Gwe (Eben Dönges), Andrea Mouton (President), Courtney Groener en Fortuna Bagula (De Kuilen), Tarryn Jordaan (Jan van Riebeeck) en Genevieve Rodriques (The Settlers).
ONDER 15: Ebeth Marais (Jan van Riebeeck), Christelle Marais en Jerediene Geduld (albei Durbanville), Danelle Adendorff, Andrea Blows en Abeline Olivier (almal Stellenberg), Charmaine Baard (Brackenfell), Rozay Martin (WCSS), Anika Groenewald (HS Bellville) en Sasha-Lee Petersen (De Kuilen).