Om aan mense te sê hulle is vet in plaas van geset, kan hulle moontlik aanspoor om gewig te verloor, het Brittanje se minister van openbare gesondheid gesê.
Dokters en gesondheidswerkers is té bekommerd om die woord ‘vet' te gebruik, het Anne Milton gesê.
Maar hierdie woord kan mense moontlik aanspoor om verantwoordelikheid vir hul lewenstyl te neem.
"Wanneer ek in die spieël kyk en dink ek is geset, is ek minder bekommerd as wanneer ek dink ek is vet," het Milton, ‘n voormalige verpleegster gesê.
Die Verenigde Koninkryk het een van die hoogste vetsug syfers in Europa.
Volgens die departement van gesondheid was ‘n kwart volwasse mense en 14% van kinders in 2008 as vet geklassifiseerd.
Terwyl die Steve Field of the Royal College of General Practitioners Milton se uitlatings verwelkom het dat dokters meer eerlik met pasiënte moet wees, het sommige gesondheidsgroepe gewaarsku dat die term nie gebruik moet word nie. – SciTech