Jy weet jy was die 90's se kind as...

  • 9
    like dit
  • 0
    like dit nie

Die goeie ou dae:

As ek na vandag se kinders kyk raak ek hartseer. Hulle is almal obsessed met Hannah Montana en Twilight.

Waar is die dae van Moomin kyk, en met ketties speel? As ek terugkyk na my kleindae dink ek nogsteeds die dinge waarvan ek gehou het is awesome. Ek weet nie of die kinders van vandag dieselfde sal kan sê nie. Ek het besluit om ‘n lys te maak van die dinge wat ons onderskei van die Disney Channel generasie.

Jy weet jy was ‘n kind in die 80's en 90's as:
• Jy nou nog Brakkenjan en Moomin se temalied kan sing.
• Jy ‘n Solly Ozrovech kinderbybel besit het.
• Jy ‘n neon moonbag gehad het.
• Jou pa ‘n snor en jou ma ‘n perm gehad het.
• Jy chappies vir 10c kon koop.
• Jy op ‘n stadium gemaak het asof jy een van die Power Rangers of Ninja Turtles is.
• Jy altyd gedink het die groep, Hanson, is meisies.
• Jy net SABC1, 2 en 3 gehad het.
• Jy die Spice Girls movie gekyk het.
• Julle sitkamerstel kitsch was.
• Jy jouself bietjie nat gemaak het uit opgewondenheid tydens die speletjie, Donker Kamertjie.
• Jy meer as twee name het, en hulle albei hiper-Afrikaans is.
• Jy in Kersvader geglo het tot ‘n laat ouderdom.
• Jy ‘n Tamagotchi gehad het.
• Jy al jou geld geblaas het by Game Arcades.
• Dit jou hele lewe gemaak het as jy iets wen by die Game Arcade.
• Jy ou Disney flieks soos Alladin en Lion King op die VCR gekyk het totdat die tape nie meer wou werk nie.
• Jy bang was vir die duiwel danksy ‘n kinderbybel.
• Jy T.V games gespeel het.
• Jy geweet het dat jy onder ‘n T.V game tape moet blaas as dit nie werk nie. (Sonder dat iemand vir jou gesê het om dit te doen.)
• Jy Tazos versamel het.
• Julle Windows 95 gehad het.
• Jy die eerste selfoon onthou.
• Julle flippen arm lyk op ou foto's.
• Jy nog pakslae gekry het, of iets gevrees het waarmee jou ouers jou pakslae gegee het. Bv. ‘n Plakkie.
• Jou ouers gesmeek het vir Spice Girl skoene.
• Jy Kideo gekyk het.
• Jy weet wie Macaulay Culkin is.
• Jou dooprok onnodig lank was.
• Jy opgewonde geraak het oor inkleurboeke.
• Jy saam met jou ouers Maak ‘n Las gekyk het in die dae wat Tolla nog daarop was.
• Jy Rollerblades besit het, en dit jou baie cool gemaak het.
• Jy ‘n boomhuis of kiskar gehad het.
• Julle ‘n groen papegaai genaamd Paulie gehad het.
• Jy die dag onthou wat Princess Diana oorlede is.
• Dit cool was om ‘n tiekiebokskaart te hê.
• Dit veilig was om sonder volwasse toesig 5 Vingers en Wegkruipertjie in die buurt te speel.
• Jy ‘n trol met ‘n eksotiese haarkleur besit het.
• Jy ‘n KTV presenter wou wees.

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Johan
    8 months ago
    Ek IS 'n 90's kind!!! =)
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar