Nuuskierig oor wat deesdae in die oorsese musiekbedryf aan die gang is? Wel, JIP dink jy moet weet...)
Pete Wentz van Fall Out Boy het op sy blog aangekondig dat hy nie weet of hy ooit weer vir die band sal speel nie. Lees meer hier.
Funeral For A Friend is tans in die studio besig met hul nuwe album.
Die Christelike metal-band Demon Hunter se The World Is a Thorn sal op 9 Maart die lig sien.
Angels And Airwaves sal op Valentynsdag hul langverwagte nuwe album, getitel Love, uitreik. Die eerste single, "Hallucinations", kan gratis by die band se webblad afgelaai word. Kliek hier om dit af te laai.
Die rockers Story Of The Year het aangekondig dat hul jongste produk, The Constant, op 16 Februarie uitgereik sal word.
Die groep Deftones sal in April vanjaar hul nuwe album uitreik.