Elke normale mens sukkel en het ‘n probleem in die lewe. Sommige mense wil hulle s'n ontvlug met geld, maar geld kan nie genees nie.
Sommige mense bid om die lotto te wen, maar hulle koop kaartjies hul hele lewe deur. Baie van ons wil ryk word, maar het ons al ooit gedink aan die gevolge? Jy het 'n doodnormale lewe en wil dinge bereik, maar skielik wen jy alles en in ‘n oogwink verander jy. Jou ingesteldheid is beïnvloed en jou hele wêreld is omvergegooi.
In hierdie stadium van my lewe wil ek nie die lotto wen nie, want daar sal nie enige uitdagings wees nie. Wat sal oor wees om te bereik?
Wat kan dus gebeur?
• Die geld sal jou dwing om in isolasie te gaan, omdat jy nie wil deel nie. (Selfsugtigheid)
• Jou morele waardes gaan soos stof verdwyn, want jy dink jy kan doen wat jy wil. (Skandes soos: Tiger Woods, Charlie Sheen, Dominique STRAUS-Khan ...)
• Die kanse is baie groot dat jy 'n dwelmverslaafde gaan word en die rehabilitasiesentrum gereeld gaan besoek (Nes: Whitney Houston, Rip: Amy Winehouse, Lindsay Lohan, Robert Downey Jr).
En jy sal uiteindelik sterf vergete en eensaam ...
Hierdie lys kan nog aan gaan...
Geld kan jou doodmaak en sal jou vir ewig verander. Jy moet dink voordat jy iets so irrassioneel doen, want dit kan by jou vir ewig spook. So wees versigtig ...
Lees nog van Ethan se blogs HIER.