Justin Bieber, die hartebreker.
Die tienersangsensasie Justin Bieber het al 'n meisie oor die telefoon afgesê, berig Nuus24.
Die 16-jarige sanger erken hy het sy verhouding met sy meisie van sewe maande tydens 'n telefoongesprek beëindig, maar sê dit is nie iets waarop hy trots is nie.
"Ek het 'n meisie oor die telefoon afgesê - is dit nie verskriklik nie?" het hy gesê.
"Maar ek sal dit nie aanbeveel nie. Dis baie gemeen!"