Jozi se Rockspaaiders spook met talent

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Dinge het behoorlik ontplof by die HS Randburg. Foto: Lauren Mulligan

Hulle kan darem nou vir jou musiekmaak: Jozi se musiektalent het sake uitgespook by die HS Randburg tydens die laaste Rockspaaider-uitdun. Lees hier meer oor hulle.


Favourite Worst Nightmare

Drikus Lamprecht - Hoerskool Lydenburg
Wimpie Swanepoel - Hoerskool Lydenburg
Francois Janse van Vuuren - Hoerskool Lydenburg
Louis Fourie - Potch Gimnasium


Wie speel watter instrument in die band? *
Drikus Lamprecht - Vocals en lead kitaar
Wimpie Swanepoel - Kitaar
Francois Janse van Vuuren - Dromme
Louis Fourie - Bas

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ek en Wimpie ken mekaar al lank en was in baie verskillende bands saam. Ons laaste band het opgebreek agv verskille. Toe vorm ek en wimoie saam met ander vriende van ons (Louis en Francois) hierdie nuwe band wat heeltemal anders klink as ons vorige goed. Ons is almal baie goeie vriende en kuier gereeld saam.

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] * Ons het baie inspirasies.Ons grootste inspirasies hang van elke aparte lid af. Ek kry my inspirasie van Jack White af. Wimpie se inspirasie kom van Ian D'sa, Francois volg in die spore van Tre Cool en Louis is die volgende Pete Wentz.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] * Ons grootste invloede hang ook van elke band lid af. Louis is verslaaf aan metal en Francois hou aan die ander kant van rave en rnb. Wimpie is meer ounk en hip-hop en ek luister graag na hard rock en sreamo. Ons grootste invloede is Fall Out Boy, Greenday, Bullet For My Valentine en Arctic Monkeys en Ef-El.

Wat maak julle band uniek? *
Ons is bietjie vreemd. Uhm, uniek is nie die beste woord daarvoor nie. Ons klink baie punk, maar daar is metal kitaar en mooi melodie in ons liedjies. Dis happy sad musiek, die beste weergawe van 'n slegte ervaring.


Om Te Skryf


Francois (Skuim) van der Merwe
Reino van Aswegen
Wesley van der Westhuizen
Marius Ferreira
Johan van Zyl


Ons is besig om ons drome na te hardloop en in die proses leer ons onsself ken. Ons musiek is hemels waarin mense kan wegraak of hulself kan vind. Ons almal bly ver van mekaar af soos in Germiston, Bryanston, Constantia Kloof en Fairland!

Wie speel watter instrument in die band? *
Skuim: Lead Vox, Bass, Keyboards
Reino: Vox, Rhythm Guitar
Wesley: Lead Guitar, Keyboards
Marius: Drums

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ons is almal deel van ons skool se CSV band wat later net besluit het om 'n band te begin. Reino is 'n Paintball freak wat love om te Pig Squeel. Marius 'n introvert wat heeltemal uithak agter 'n drumkit. Wesley is op sy eie planeet. Skuim het net 'n uitstaande persoonlikheid. Nie een van ons was werklik pelle nie. Ons ons was net 'n random ouens wat niks ingemeen gehad het nie maar wel 'n liefde vir musiek. Ons het in die begin van die jaar besluit, in die Rek klas, om aan Rockspaaider deel te neem.


Ons band se voorlopige naam was Saamgesmelde Publikasie. Toe word dit Kinders van die Oorlog en toe eens op 'n dag laat aand kom Skuim en Wesley op Om Te Skryf af. Ons het besluit om dit te hou want ons glo dat woorde wat in die ope lug gespreek word, gaan velore, maar as jy dit neerskryf, hou dit vir altyd...

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
Skuim: "My grootste inspirasie is liefde. Sonder liefde is daar niks. Dit is 'n gevoel wat ons almal tog op een of ander manier ervaar. Meestal is die gevoelens gelukkig. 'n Ander inspirasie is musikante wat hulle eie unieke sound het bv. Muse, Billy Joel, Queen, Dragonforce, Jack Johnson, ens."


Reino: "Die outdoors... en Afrikaanse Rock soos Efel..."


Marius: "Muse inspireer my met die drums en 'n biedjie BB"


Wesley: "Ek het leer kitaar speel, nadat ek Jimmy Page gesien tokkel het. Coldplay is my soort musiek, want dit gee antwoorde op al my vra."

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] *
Ons grootste invloed is sekerlik soos Marius dit stel: "Society and Life and Human behaviour". Ons ander groot invloed is die band Muse want dis seker amper die enigste band wat ons ALMAL saam na sal luister. Muse se musiek het ons saamgebind.

Wat maak julle band uniek? *
Ons band practices en musiek smaak. Elke band lid het 'n ander musiek smaak. Reino sin is Metal/Afrikaanse Rock bv. Slipknot en aEf-el, Skuim sin is Afrikaanse Rock/Melodic Metal bv. Straatligkinders en Rob Rock, Marius sin is Alternative Rock/Indie bv. Lark en Muse en Wesley sin is meer rustige Rock bv. U2 en Coldplay. By band practices word ons musiek smaak een as ons 'n liedjie skryf. Ons staan op teen die norm en almal het 'n passie om ons gevoelens en waardes deur musiek en lirieke uit te beeld. Positiewe boodskappe is vir ons 'n vereiste.


Om Te Skryf wil mense se lewens verander om 'n stukkie hemel aan hul te gee. Ons geniet dit regtig baie.


Primêre Rebellie


Ruan Kotze
Ivan Grobbelaar
Bernard Mol,
Johann Rossouw


Wie speel watter instrument in die band? *
Bernard speel die Rhythm kitaar en is ook die lead singer. Ruan speel lead guitar en sing ook saam. Ivan slaan die dromme en Johann speel die bass

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ons het in graad 10 begin as 'n band vir rockspaaider maar was eers 'n 3-piece en toe in die jaar het ons 'n ander bassist gekry en 'n 4-piece gevorm en is reg vir die kompetisie.


Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
Glaskas
EF-EL
Straatligkinders
Foo Fighters
Fall out boy
Bryan Adams

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] *
Ons MA's is ons invloede. Hulle maak lekker kos tydens bandpractise.
Meeste van die bg. bands is ons invloede veral ef-el en glaskas.

Wat maak julle band uniek? *
Ons het 'n mascot en sy naam is Rebel.
Ons lead singer, Bernard , het ons in Texas opgetel want hy is eintlik 'n cowboy en sy favourite instrument is die cowbell. Ons probeer ons eie tipe musiek te maak , en maak nie ander bands na nie.


Gebroke Droom

Tobie Steenekamp Gr.10 Hoërskool Monument - Dromme
Sarel Reynolds Gr.12 Hoërskool Florida - Bass Kitaar
Herman Vermeulen Gr.12 Hoërskool Noordheuwel - Vocals
Jean Minnaar Gr.12 Hoërskool Noordheuwel - Kitaar / Backing Vocals
Hein Naude Gr.12 Impak Homeschooling - Lead Kitaar

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Aanvanklik is ons in verskeie bands gewees wat saam opgetree het en dikwels gekuier het. Jean was in Buddy George and The Slicks saam met Herman en Tobie en Sarel was saam met Hein in die Vleis-Das Versaamelaars. Na die Bands opgebreek het, het die lede bymekaar gekom en besluit om Gebroke Droom te stig. Die naam was gekies omdat almalal 'n groot hartseer, mislukking of so te se 'n "Gebroke Droom" gehad het. En ons will daarom die boodskap uitdra dat jy nie een mislukte droom nuwe drome moet laat misluk nie en dat jy nie alleen is nie

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
Lewe as 'n tiener in Suid Afrika.
Historiese gebeurtenisse (Die Holocaust, 9/11, Apartheid, Die Oorlog in Iraq, Die Apollo maanlanding, Toe Leonardo Da Vinci die Mona Lisa geverf het met net 'n HB Potlood. Toe Goku vir die eerste keer in 'n Super Sayan verander het teen Frieza [Seisoen 2, Episode 36, 00:22:43] Toe Buzz Lightyear vir Woody gered het van Sid af).
Mense wat ons op die pad ontmoet het.
Alles wat al in die verlede gebeur het wat ons vandag die mense maak wat ons is.
Ons vorige bands.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] *
Avenged Sevenfold, Fokofpolisiekar, Atreyu, Trivium, Slipknot, Van Coke Kartel, Rise Against, AC/DC, All That Remains, A Day to Remember, Guns & Roses, Bullet for My Valentine, Nirvana, HIM

Wat maak julle band uniek? *
Ons is nie net 'n alledaagse band wat nie beinvloed word deur mekaar se persoonlike lewens nie, maar ons is 'n band wat mekaar soos broers behandel. Ons is ons eie klein gesin. Ons tree graag op en wil altyd aan ons crowd vreugde verskaf. Ons maak op die crowd staat sodat hulle meer persoonlik beinvloed kan word deur ons songs. En deur dit te doen, skep ons 'n unieke gevoel aan ons musiek. Elke band member bring iets unieks tot die finale styl/genre van ons musiek.


OSMOSIS
(was WONDERTREIN)
SKOOL: TRINITYHOUSE HIGH SCHOOL
DORP: RANDPARK RIDGE / GAUTENG


AIDAN CAMMELL
SKOOL TRINITY HIGH SCHOOL
GRAAD 11
INSTRUMENT ELEKTRIES / SING


Musiek is my lewe, my innerlike wese. Dis my passie, die rede vir lewe. Ek is die tipe persoon wat eg is aan myself. Ek staan vir waarin ek glo en ek dra ‘n nommer 11 skoen. Ek is "awesome" en ek smelt gesigte met my kitaar. Baie mense het al my stem vergelyk met ‘n engel sin, maar ek maak musiek want ditis waarvan ek hou.


KONRAD DE VRIES
SKOOL TRINITY HIGH SCHOOL
GRAAD 10
INSTRUMENT AKOESTIEK / SING


Twee van my groot passies, is sport en musiek. Ek speel al drie jaar kitaar en en bas kitaar. Ek speel in die orkes by my jeug groep by die kerk. Vir my, is musiek ‘n groot deel van my lewe en hoe ek my talente gebruik vir God. Ek is ‘n sterk Crhisten. Ek het al tevore gestoei met ‘n beer. Ware verhaal.


ESTé MEERKOTTER
SKOOL TRINITY HIGH SCHOOL
GRAAD 11
INSTRUMENT BASS / SING


Musiek is my passie in die lewe. Ek speel graag fluit, clavier en kitaar en skryf lidjies om al my emosies te verwerk. Ek is mal oor alle vorms van kuns en doe nook drama en retoriek. Ek wil graag sielkunde by WITS gaan swat, alhoewel ek altyd ‘n liefde vir die stage sal hê.


IAN BULTITUDE
SKOOL TRINITY HIGH SCHOOL
GRAAD 10
INSTRUMENT LEAD KITAAR / SING


Ek is vreeslik lief vir musiek en maak ‘n groot deel uit van my lewe. Ek speel kitaar, bass kitaar, dromme en klavier. Ek speel al vir agt jaar. Ek speel vir my jeug groep se orkes. My troeteldier is ‘n seekoei.


ROHAN PRETORIUS
SKOOL TRINITY HIGH SCHOOL
GRAAD 12
INSTRUMENT DROMME


Ek is sportief, ‘n ekstrovert en baie vriendelik. Ek geniet die samesyn met my vriende en musiek is my lewe! Ek raak aan die slaap met Jack Johnson en word wakker met 94.7. Ek speel kitaar sowel as dromme. Ek geniet dit ook baie om liedjies en gedigte te skryf. Ek geniet die lewe ten volle en my vriendin is my inspirasie. Ek is betroubaar , lojaal en hou daarvan om ander mense te help en ondersteun wanneer hulle my nodig het.


Sinestesie

Sinestesie is Franco Havenga, Vincent Kok en Willem van Rensburg in Graad 11 en Brendan Jacobs in Graad 9. Al die lede van Sinestesie is in Helpmekaar Kollege.


Wie speel watter instrument in die band? *
Franco Havenga - Kitaar en Vocals
Willem van Rensburg - Kitaar en Backing Vocals
Vincent Kok - Bass
Brendan Jacobs - Drums

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ons is almal saam op skool en het op reputasie op mekaar afgekom. Verder het ons op kuiers saam gejam, en so leer saamspeel. Ons het later besluit om ‘n band te begin en vir Rockspaaider in te skryf.


Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
Ons almal luister verskillende musiek, maar kan tog ons bydra maak, deur ‘n unieke klank en styl tot die musiek te verleen. Almal is goed met hul instrument en las dus ‘n briljante deel van hul legkaartstukke, by die band (en musiek) se legkaart in. Om expierence op te bou en dit groot te maak is ons groot doel, aangesien musiek elke bandlid se lewe is.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] *
Elke ding, klein of groot, wat in elke bandlid afsonderlik se lewe al met hom gebeur het, het ‘n invloed op sy lewe. Of hy dit nou wil erken (of besef) of nie. Ons skep dus nie net musiek vir Rockspaaider nie, maar deel ‘n stukkie van ons wese met die gehoor, wat dit meer persoonlik maak, en vir die gehoor ons lewens gee om mee te relate. Ons gooi nie net note saam nie, maar skep ‘n dissonante klank vir die gehoor om ‘n sterker, suiwer, daaropvolgende noot in hul eie lewens te skep. Die gehoor kan fisies die klanke sien, en ons "stage presence" voel. Franco se grootste musikale invloed is John Mayer en Switchfoot. Willem s'n is Jack Johnson en die Foo Fighters. Vincent hou van Suid-Afrikaanse rock soos bv. Foto na Dans en Bredan se grootste invloed is Blink 182.

Wat maak julle band uniek? * Ons afwisseling en diversiteit van musiekstyle, sal die grootste rol speel. Elke bandlid het ook ‘n ongelooflike passie vir musiek en saam met talent is dit wat ons uniek gaan maak. Dit gaan ons daai absolute energie gee om ons uiterste beste te gee, mense aan te raak en klanke te skep wat mense nog nie gehoor het nie, of die gehoor nou daarvan hou of nie.


MARS RIOT


Mari Labuschagne
Graad 10 in Hoerskool Randburg.
Het vir 6-jaar klavier gespeel en slaag UNISA-eksamen (graad 1) met lof. Begin in 2006 kitaar speel by Hoerskool Randburg se musiekskool, skuif aan die begin van 2010 na Swallow 15- musiekskool. Neem songwritingklasse en het al ‘n solo-song gerecord.


Sheldon van Wyk
Graad 11 in Hoerskool Noordheuwel.
Neem kitaarlesse vir 4-jaar by Hosannah-musiekskool en verskuif aan die begin van 2010 na Swallow 15-musiekskool. Speel ook in 'n metalband- The Sacred- dromme. neem songwriting klasse en het al ‘n solo-song gerecord.


Johan van Dyk
Graad 11 in Hoerskool Noordheuwel.
Speel durms vir vier jaar, kitaar en bass vir twee jaar en klavier van die begin van 2010. Hy neem lesse by Matt's Music. Speel in sy kerk se band drums en het al omtrend 40 gigs vir die kerk-band gespeel.


Tjaart van der Walt:
Graad 11 in Hoerskool Noordheuwel.
Begin drums speel by Johan Humman en speel al vir agt jaar. Ses jaar gelede begin hy kitaarlesse neem by Desmond Lee en leer homself basskitaar speel in dieselfde jaar. Speel saam met Sheldon in ‘n ander band, The Sacred, bass.


Jonathan Viviers:
Graad 11 in King School.
Speel al vir twee jaar by Swallow 15-musiekskool kitaar. Speel ook in Mosaïek kerk lead guitar vir hul band. Hy het al tien gigs vir die band gedoen en al gerecord.


Ek (Mari) het vir Sheldon by ons songwritingklasse ontmoet. Ons teacher, Kobus, het voorgestel dat ons Rockspaaider inskryf. Sheldon het vir Tjaart en Johan gevra om saam met ons te jam. Kobus het my voorgestel aan Jonathan. Ons speel van Junie 2010 af saam. Ons het onlangs een van ons songs by die SAUK gerecord.


Part time job

Band members : JULIAN SHORT SETH BARTLETT GREG MOSCHIDES LOWAN SCHOOMBIE


JULIAN has been at Treverton College for the past 7 years. Home is Johannesburg . His love affair with music began in grade 6 when he started listening to BUSTED, GOOD CHARLOTTE, AND ALL AMERICAN REJECTS. Inspired by GINGER BAKER he then taught himself to play the drums... and went onto playing guitar 2 years ago. He has been writing his own music and lyrics since 2007.


Last year was taken up in organizing and participating in a mission to skate board from pietermaritzburg to Durban with a few school friends to raise funds for a friend who was struck down by guilliam barre disease. They now hold the South African long distance record for skating 112 kms in 11 hours. Right now his musical influences are FIGHTSTAR, DAVE GROHL, HOOBASTANK, ALL THAT REMAINS, TUINDWERGIES, CITY AND COLOUR, DALLAS GREEN, CHARLIE SIMPSON, ARNO CARSTENS AND 30 SECONDS TO MARS. Julian has been accepted to COPA (college of performing arts) next year.


GREG grew up in Pietermaritzburg . he has been friends with seth and julian for the past four years and has been in the band since its formation a year ago. His influences are DEVILDRIVER, ANBERLIN, RED HOT CHILLI PEPPERS, FOKOFPOLISIEKAR, AKING, VAN COKE KARTEL, DEEP FRIED MAN, OFFSPRING. His life is about music. He loves everything about being in a band the band members, the gigs they play at school.. and wherever its going to take him. He is also self taught. His big mission at the moment is to get his parents to understand this passion as he is not giving up on it.


SETH has grown up and lived in escourt all his life. He taught himself to play the guitar 3 years ago and there is not a day that goes by that he does not spend playing or listening to music. He believes that the group has the will and the talent to achieve and that rockspaaider is an awesome opportunity. His influences are NIRVANA, BLINK 182, METALLICA, CHEVELLE, LINKIN PARK, PRIME CIRCLE, JIMI HENDRIX, PENNYWISE.


LOWAN is 15 years old and goes to school in honeydew Ridge. His remarkable talent for drumming comes from his dad who has his own band (ROY SCHOOMBIE BAND). Lowan has been playing since grade 5. He met julian and friends at a jamming session arranged by his dad roy at o'hagens in fourways.... And so a new band member was quickly identified. Lowan listens to a wide variety of music and loves progressive rock.


TUSSEN DIE DUIWEL EN DIE DIEP BLOU SEE

Tans bestaan die band uit Marco op kitaar, Dylan op baskitaar, Ruan op dromme en AB as sanger.


Tussen die Duiwel en die Diep Blou See het begin toe Dylan Caldo (Baskitaar) en Ruan Pretorius (Drom speler) hulle Metal band gelos het om groener weivelde te soek. Ruan het sy nodige studies klaar gemaak in Jazz- en Blues Dromme. Dylan was geïnteresseerd in Blues-Kitaar, maar was nie kundig genoeg om Blues te speel nie. Hy het toe besluit om vir Marco Nachenius (Kitaar speler) te vra om vir hom Blues te leer speel en hoofkitaar te speel.

Kort voor lank het Marco begin liedjies en frases op die kitaar skryf met Hard Rock en Blues invloede. Ruan het met dromme aangepas deur tipiese Blues ritmes op dromme te speel met ‘n Metal drom styl waarmee Dylan maklik kon aanpas. Die styl het so ontwikkel en kan vandag geïdentifiseer word as Metal waar die kitaar Blues toonlere gebruik, die dromme Jazz speel en die Baskitaar eksperimenteer met alle aspekte van die instrument.

Na ongeveer 3 maande het hulle 2 liedjies gehad wat geskryf was sonder ‘n enkele cover of gesukkel. Malte Leuder was ‘n uitruil skolier van Duitsland en het vroegtydig in sy verblyf by hulle aangesluit en dae later het Jana Pretorius aangebied om te sing. Na ‘n halwe jaar het die band bestaan uit Malte op ritmiese kitaar, Marco op hoofkitaar, Dylan op baskitaar, Ruan as Dromspeler en Jana as Sangeres. Tydens hulle eerste opnames het hulle besef dat ‘n vroulike stem nie by die styl van hulle musiek pas of die rigting waar dit op pad na was nie. Die band het daarvoor AB Viljoen aangestel as hulle nuwe sanger.

Na die eerste opnames het hulle begin nuwe liedjies skryf met meer Metal invloede waarmee AB kon aanpas. By die einde van die eerste kwartaal van 2010 het Ruan na vele jare se arbeid en spaar die konstruksie van sy 2 vertrekke klaar gemaak (opname- en oefen klanksaal).

By die opnames in Ruan se klanksaal het die band AB se stem gevorm en geoefen tot dit perfek was.

Na amper ‘n wonderlike en vindingryke jaar van rondspeel, kafoefel, baie hard lag, liedjies uitskop en harde werk het hulle 7 liedjies waarop hulle trots is en onder enige omstandighede kan speel. Hulle is nie net Band-lede nie, maar ook beste maats. Elke lid van Tussen die Duiwel en die Diep Blou See is gelukkig om te se : "Ek het net drie vriende, maar hoekom sal ek nog lede in my band wil hê?". Tussen die Duiwel en die Diep Blou See glo dat musiek tot baljaar lei en dat baljaar tot onvergeetlike musiek lei, en dit gaan hulle die X-faktor gee by Rockspaaider!


Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar