Jan Alleman kan mos nie Idols kies

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Ek stap van vandag af met 'n groot glimlag op my bakkies rond.

Nie omdat WP Saterdag gewen het nie (ek skryf die rubriek in die week vooraf en ja, ek het nog hoop) of oor ek gisteraand se muggie met albei hande vermoor het nie.

Nee. Vandag glimlag ek omdat Idols uiteindelik klaarmaak. So long, farewell, its time to say good-bye, wil ek sommer hardop sing!

Ek het nie Woensdagoggend met 'n jubelende hart wakker geskrik toe ek hoor Elvis Blue en Lloyd is nog in nie.

Ek het ook nie hartverskeurend begin tjank oor Sindi wat die trekpas gekry het nie. En voor verlede week, toe almal gepraat het oor 'n Boki, het ek vir die eerste keer in my loopbaan by 'n koerant (nogal) besef, hulle praat nié nou oor die Springbok nie.

Ek ken nie vir Boki óf Sindi nie en wens hulle regtigwaar alles van die beste toe, maar ek gee regtig nie om nie.

Ek is net té verheug dat my vriende weer genoeg airtime op hul fone sal hê om my te bel.
Want sien. Idols maak nie meer vir my sin nie. Dit is niks anders as 'n publisiteitsprogram nie.
Want oor talént alleen gaan dit beslis nie.

In my dae as Idols-kyker het die beoordelaars altyd groot klem gelê op die full package. (Verskoon my giggel.)

Die X-faktor.
Daai ékstra iets.

Dus. Jy kan sing soos 'n engel, maar lyk soos Robert Mugabe - en jammer Pop - daar gaat jy.
Verder is dit 'n publisiteitsprogram omdat die publiek betrokke is.

Wáár het ek en jy dan nou oornag Randall Abrahamse geword, huh?
Ek dink byvoorbeeld ek klink hot in die stort, maar my ma stem nie saam nie. Kortom:

Almal kan sing, maar die gehalte daarvan is debatable.

En om dit in die hande te los van mense (soos yours truly) is gevaarlik.
Kom ons maak gou sommetjies. Gestel Persoon A wen, maar B en C het natuurlik ook hul ondersteuners gehad anders was B en C nooit in die top-3 nie. Gaan A dan wérklik so 'n groot hit wees, terwyl B en C se ondersteuners voel húlle Idol moes gewen het?

Nee wat.

Gaan  doen dit op die hárde manier. Gaan lê oudisies af, stel 'n agent aan en tree gratis op by kermisse (en sê in 'n diep stem: "Geniet die liedjie" voordat jy sing) om jou naam te maak, maar vergeet van Idols.
Ek mis my Sondagslapie . . .

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar