J.Lo onseker oor die huwelik

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Jennifer Lopez

Die sangeres en aktrise Jennifer Lopez sê sy weet nie of sy ná haar derde egskeiding weer sal trou nie.

Lopez het in Julie verlede jaar ná sewe jaar van die Latynse sanger Marc Anthony, by wie sy twee kinders het, geskei.

"Dit is nog nie tyd om daaraan (trou) te dink nie. Weet jy wat ek bedoel? Dit is nog te vars," het sy in 'n onderhoud met Matt Lauer op die TV-geselsprogram Today gesê.

"Ons is net menslik en dit (egskeiding) is nie die maklikste ding in die wêreld nie, maar ons het dit met waardigheid en liefde gehanteer."

Sy het gesê hulle wil nie in die openbaar oor die egskeiding praat nie.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar