JIP loer onder die lakens

  • 173
    like dit
  • 51
    like dit nie

JIP het gaan uitvind hoe tieners oor seks voel. Of hulle 'n skuldgevoel het as hulle seksueel aktief is, of hulle maar verkies om dít eerder vir later te los.
Marzahn Botha het gaan uitvind.

Seks - is ek reg?

Emma Stander van die Hoërskool Randburg skryf die volgende:
Om 'n tiener te wees was nog altyd moeilik, die mites en stories oor groepsdruk word ongelukkig 'n realiteit wanneer jy jou voete in die hoërskool sit (as dit nie al voor dit is nie).
My vriendinne kom uit opgevoede gesinne met sterk morele waardes.
Waar het alles skeefgeloop?

Vriendin A: Asemrowende mooi meisie verloor haar onskuld in 'n sekonde.
'n Vreemde seun word 'n lover ná 'n paar SMS'e en toe sy haar oë uitvee, verloor sy haar virginity in 'n aantrekkamer - hoe romanties. Sy was net 13  jaar oud.

Vriendin B: Ná 'n verhouding van 18  maande waar my vriendin (15) baie emosioneel misbruik gevoel het, het die druk te veel geword en verloor sy haar virginity. Die volgende week is ons by die hospitaal want die morning after pill het nie gewerk nie - gelukkig was sy nie swanger nie.

Vriendin C: Ná 'n week in 'n passievolle verhouding het sy (14) woeps-waps haar onskuld verloor.
Ná dit het sy verplig gevoel om by hom te bly.

Daar is girls (kennisse) wat nou 16 is en al met agt, nege of tien ouens geslaap het. Hulle is min gespin oor siektes en swangerskap. "Dis mos lekkerder sonder 'n kondoom."

Volgens Stander is nie alle tieners wel so "moreel korrup" soos die bostaande gevalle nie. "Met wie en wat jy jouself besig hou, bepaal wie en wat jy is," is haar opinie.

Wat sê die sielkundige?
Jolita Jansen van Rensburg, kliniese sielkundige van Potchefstroom, het die volgende vrae beantwoord:

Hoe vroeg is te vroeg seks?
Elke tiener het 'n ander mening daaroor. Dit hang af van jou kultuur, die wyse waarop jy grootgemaak is. Dit is egter belangrik dat elke tiener die saak met hom/haarself uitmaak en hul eie idees daaroor vorm.

Watter emosionele skade bring vroeë seks en losbandigheid mee?
Indien jy nog nie emosioneel reg is vir 'n seksuele verhouding nie, kan dit aanleiding gee tot sterk skuldgevoelens, hartseer, selfverwyt en moontlike latere seksuele probleme in verhoudinge.
Wanneer jy eers seksueel aktief was, is dit moeilik om terug te keer na 'n fase van geen seks.
Sommige tieners neem deel aan seksuele aktiwiteite omdat hulle nie kan "nee" sê nie, of omdat hulle nie uit wil voel nie. Vinnig word hulle vasgevang in 'n web waaruit hulle nie kan ontsnap nie en het dan seks vir al die verkeerde redes soos aanvaarding, aandag, liefde, net om elke keer teleurgesteld en verwerp te voel.
'n Losbandige tiener word ook vinnig geëtiketteer en as losbandig behandel wat hartseer en vernederend is en jou kan laat sleg voel oor jouself.

Hoe kan 'n meisie of ou standpunt inneem?
Deurdink jou houding en waardes ten opsigte van seksualiteit. Sal jy anders oor jouself en jou maat voel as julle seksueel aktief is? Indien wel, hoe? Moenie toelaat dat groepsdruk of alkohol jou besluit beïnvloed nie.

Julle het seks, wat is die voorsorgmaatreëls dan?
Toets albei eers vir MIV/vigs. Indien jou ouers daarvan bewus is dat jy seksueel aktief is, kan jy 'n afspraak maak by 'n ginekoloog wat verskillende voorsorgmaatreëls sal verduidelik. Jy kan ook by jou plaaslike kliniek voorbehoedmiddels bekom sonder ouerlike toestemming.

Lees wat sê ander tieners hier.

Gebruikers Kommentaar (303)


  • 2 days ago
    Mense Benita!Jy kan nie vir God praat nie. Het jy dalk 'n sms van Hom gekry? "Hy huil Sy oë uit" -- ASSEBLIEF?

  • 1 month ago
    Almal het seks voor huwelik om hulle eie redes ... God sê moet nie iemand 'judge' nie ... meeste mense hier doen en dan noem julle jul self 'n Christen ... Belaglik !!
  • walter
    1 month ago
    So laat 'n 50 jarige oom ook sy sê sê. Toe ek op skool was het ek nie seks gehad nie, was dalk nie op die regte tyd op die regte plek nie. My maats op hoërskool het elke Maandag vir my kom vertel hoe lekker spyker hulle die meisies. Daai dae was kondome nie vrylik beksikbaar nie en kon net by die apteke op 'n skelm manier gekry word. Hoeko al die moeite doen.
    So gesels ek met 'n 51-jarige vrou wat sê dat sy al op 13 seksueel aktief was. Niks is nuut op aarde nie. Ons was nie minder preuts as die huidige geslag nie, Ons het net nie so openlik daaroor gepraat nie.
    Sal die sogenaamde preutse tieners van ons jare hande op steek as hulle nie as getroudes die draad gespring het nie. Is dit glo anders?
    Mt enigste probleem is rondslaap. Want as jy as tiener seks ontdek het wil jy dit om elke hoek en draai hê - die siektes en nagevolge van rondslaap is nie net op tieners nie maar op volwasseenes 'n probleem. So ek sê, as jy spyker moenie rond spyker nie, en as wel, wees uiters versigtig.
  • Liewe Ek
    1 month ago
    Ek het as tiener swanger geraak en is vandag getroud met die pa van my kind en die pa van ons tweede kind wat ek nou verwag en wat ons saam beplan het. Ek se nie dis reg om seks te he voor 'n huwelik nie, ek weet dis verkeerd. Maar ons het God om verskoning te vra en ek sal glad nie se ek is spuit oor dat ek dit gedoen het nie want dan sou ek nie nou gewees het waar ek is nie en ook nie my pragtige dogter gehad het nie! my man het gelukkig al gewerk toe ek swanger geraak het, ek het matriek klaar gemaak, ek maak in januarie my graad in HR klaar, ons bly in ons eie huis, ry ons eie kar, en ek het beslis nie my lewe weg gegooi nie. Ek is gelukkig. Ek stem ek wens dat my en my man se eerste keer kon wees op ons trou aand want dit was nie vir ons iets nuut nie, maar ons het dit nogsteeds geniet en geniet dit nou nog baie en baie gereeld! Mense maak foute, en soms kom daar goed uit mens se foute

  • 1 month ago
    God is so lief vir jou tjommie. Hy huil Sy oë uit die oomblik wanneer jy die verkeerde keuse oor enige iets in jou kosbare lewe maak. Jou verkeerde keuse het 'n swaar prys. My nederige gebed en smeking by God vandag, nadat ek hierdie hartseer soekende tieners se antwoorde gelees het, is: Here, gryp asseblief in by elke tiener se verwarde hart. Here, gryp asseblief in by elke ouer se verlore hart. Klop vandag nog aan hulle harte, Here God van hierdie heelal, en Skepper van elke mens wat op die aarde loop. U liefde het geen grense of perke nie. U het ons oneindig en onvoorwaardelik lief. En U weet U liefde is die een ding wat hierdie mense so bitterlik broodnodig het vir hul eie oorlewing. Ek bid dit in die heilige naam van ons Jesus Christus, Verlosser van elke verlore siel. Amen. Benita
Bladsy 1 van 61
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar