Is jy 'n internet-junkie?
Reuters berig Amerikaanse kollege-studente is verslaaf aan selfone, sosiale media en die Internet en wys boonop simptome wat soortgelyk is aan dwelm- en alkoholverslawing.
Die bevindinge spruit uit 'n onlangse studie wat deur die Universiteit van Maryland behartig is. Navorsers by die universiteit het 200 studente gevra om alle media vir een volle dag op te gee. Na slegs 24 het die studente egter erge simptome van onttrekking en angs getoon, en kon nie goed funksioneer sonder onder meer hul selfone nie.
Baie van hulle het die ervaring gelyk gestel aan die verlies van 'n familielid of vriend.
Die ander bevindinge sluit in dat meeste van die studente nie gereeld koerant lees of televisie kyk nie.