Is jy 2012 se Matrikulant van die Jaar?
Dink jy jy is 'n uitblinker, en dink ook jou skool so?
As jou antwoord "ja" is, kan jy sommer nóú inskryf vir JIP en die Universiteit Stellenbosch se Matrikulant van die Jaar-kompetisie.
JIP en die Universiteit Stellenbosch wil graag aan graad 12-leerders wat uitsonderlik op skool presteer erkenning gee.
Die voorgestelde geleentheid stel ten doel om top matrikulante te indentifiseer en toekennings te maak om hulle prestasie te beloon.
Wat kan jy wen?
Die top-5 finaliste in die kompetisie sal elkeen wegstap met ‘n toekenning ter waarde van R30 000 vir jou studies aan die Universiteit Stellenbosch.
NB Uitgewers deel ook ‘n paar boekpryse aan die top-20 finaliste uit en natuurlik is daar ook ‘n paar skootrekenaars geborg deur Dell en geskenkpakke op die spel.
Wat het ek nodig om in te skryf?
- ‘n Inskrywingsvorm
- ‘n Curriculum Vitae nie langer as 5 bladsye (sien die inskrywingsvorm vir die kriteria)
- Twee verwysingsbriewe
- ‘n Kop-en-skouers-foto
- Gr.11-eindeksamenuitslae
Inskrywingsvorms vir dié kompetisie is beskikbaar in Afrikaans HIER of in Engels HIER.
.
Stuur jou aansoek aan: Matrikulant van die Jaar, Sentrum vir Voornemende Studente, Privaatsak X1, Matieland, 7602 of per hand by die Sentrum vir Voornemende Studente, Victoriastraat 45, Stellenbosch. E-posinskrywings word nie aanvaar nie. Foto's word nie aan deelnemers teruggestuur nie. Inskrywings moet ons teen Vrydag 15 Junie bereik.
Navrae: Tel: 021 808 2923 of per e-pos by maties@sun.ac.za. Vir terme en voorwaardes van die kompetisie KLIEK HIER.
KRY JOU INSKRYWINGSVORM HIER:
AFRIKAANS
ENGELS