Internetverslawing het dieselfde effek as dwelms

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Is jy verslaaf aan die internet?

Kokaïene kan jou brein en liggaam skade aandoen en ernstige probleme in jou lewe veroorsaak, so ook alkohol en baie ander dwelms. Maar nou word gesê dat ook die internet soortgelyke probleme kan veroorsaak.

'n Studie van China wat tieners betrek het wat aan die internet verslaaf is, het ernstige abnormaliteite in die area van die brein wat met emosionele prosessering en besluitneming verband hou, aangetoon. Areas van die brein wat met verslawing verband hou, is ook geaffekteer.

In kort dui die studie aan dat tieners se breine dieselfde reageer op internetverslawing as wat hulle aan dwelms verslaaf is.

Hoewel die studie op klein skaal gedoen is, meen die navorsers dat dit tog bewyse toon van die regte fisieke gevolge van internetverslawing.  - KSL.com

Sien ook:
Internet-rehab vir jou kind
Is jy 'n internet-junkie op Crackberry?
Hoeveel tieners is verslaaf aan die internet?


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar