‘Hunger Games’ maak jou honger vir nóg

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

The Hunger Games
Suzanne Collins


'n Mens kry goeie boeke en dan kry jy fantastiese boeke - The Hunger Games, die eerste in 'n trilogie van Suzanne Collins, is só 'n boek.

Toe ek die voorblad sien, het ek nie gedink hierdie is my soort boek nie, maar 'n dag en 'n half later was die boek klaar en ek sit op hete kole om die tweede en derde boek te lees.

Die storie gaan oor Katniss Everdeen, een van 12 jong mense wat deur die uiters korrupte regering, die Capitol, gedwing word om aan die jaarlikse Hunger Games deel te neem.

Die 12 deelnemers word in 'n gelukstrekking gekies en die 16-jarige Katniss bied aan om in haar klein sussie se plek te gaan.
Die Hunger Games werk só: Die Capitol saai regstreeks op televisie uit hoe die deelnemers om oorlewing veg. Amper iets soos Survivor - die verskil is net dat as jy wil wen, jy die ander deelnemers moet doodmaak.

Maak jou reg vir baie aksie, 'n goeie skoot romanse en baie senutergende oomblikke.

Jy gaan waarskynlik, net soos ek, die Capitol haat en nie kan glo enigiemand kan so sadisties wees nie.

Wanneer jy op bl. 374 kom en die laaste sin lees, sal jy waarskynlik jou boetie se spaarbussie leegmaak om vir jou die tweede boek in die reeks, Catching Fire, te koop. Die derde boek is getiteld Mockingjay.

Die boek was 'n topverkoper oorsee en die eerste rolprent word in Maart oorsee bekend gestel. Dit lyk of Suid-Afrikaners tot April sal moet wag. Ek tel die slapies. Gaan loer 'n bietjie na die voorprent op YouTube (sien die mobi-tag hieronder).

Hierdie is 'n móét-lees!


Wen! Wen! Wen! 'n Versamelaarsuitgawe van The Hunger Games is op die spel. Stuur 'n SMS na 45527. Begin jou SMS met "HungerGames". Stuur ook jou naam, ouderdom en waar jy bly. 'n SMS kos R1,50 en die kompetisie sluit Donderdag 23 Februarie om 17:00.


 

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Mieksie
    1 month ago
    Ek dink Hunger Games is een van die beste boeke wat ooit geskryf is!! Ek kon dit nie neersit nie!!
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar