Die jaar 2010 is die jaar van die tier en volgens die Chinese kalender is dit ook 'n jaar waarin groot gebeure sal plaasvind.
Ek het 'n bietjie gaan Google om uit te vind wat voorspellers meen in 2010 sal gebeur.
Dis nou behalwe die Wêreldbeker-sokkertoernooi en JIP se awesome nuwe MXit-bot en Mobisite wat eersdaags op pad is, natuurlik.
Ons sal maar moet dophou of die onderstaande gebeure wel gaan plaasvind. Besluit maar self of jy dit glo:
Osama Bin Laden gaan heel moontlik sy agterkant sien en sterf.
'n Celeb gaan ontvoer word en 'n groot bedrag geld gaan geëis word. (Booswigte is so uitgeslape, 'n mens sou dink iemand sou dit al probeer het.)
'n Parlementslid gaan met sy of haar broek op die knieë in 'n openbare toilet betrap word. (Heel moontlik, as hulle na Suid-Afrika verwys.)
Daar gaan 'n geheime projek wees om 'n bekende persoon te kloon.
Genoeg van voorspellings.
JIP het ook vanjaar, soos hopelik die meeste van julle, 'n skoon nuwe blaadjie omgeslaan.
Ons verwelkom Rozanne Els, wat van Februarie die skoene as JIP se digitale redakteur sal moet volstaan.
Ons MXit-bot en mobisite sal sorg dat jy al die coolste JIP-nuus en inligting op jou foon kan kry.
Ons is reeds aktief op die interwebs.
Dan kan jy ons ook volg op Twitter (JIPcoza) en 'n fan van ons Facebook- page (www.jip.co.za is die page-naam) word.
En natuurlik het ons ook 'n cool webwerf waar jy al die varsste nuus kan kry asook jou eie rubrieke en foto's wat jy vir ons stuur, kan lees (jip@media24.com).
Op ons webwerfs kan jy registreer vir SMS- en email updates.
En as dit nog nie genoeg is nie, kan jy enige kommentaar, jokes, stories, of wat ook al per SMS vir ons stuur na 37177.
Oor en uit.
Wees cool, wees JIP, wees jouself.