Hokkiespanne van Brandwag bobaas

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Vier Brandwag-hokkiespanne het onlangs teen die Hoërskool Knysna te staan gekom en nie een wedstryd verloor nie.

Die eerste span het met 2-0 gewen. Brandwag se derde span het Knysna se tweede span indrukwekkend met 1-0 geklop, en die volgende dag met 3-0 met sy eweknie van die Hoërskool Oudtshoorn afgereken.

Ander uitslae teen Knysna was 1-1 vir die o.16 B-spanne, en 3-1 vir die o.16 A's.
Brandwag het ook skoonskip gemaak teen die Hoërskool D.F. Malherbe. Die eerstes het met 3-0 gewen.

Die derdes het met 1-0 teen DF se tweedes gewen, terwyl die o.14 A's (1-0), die o.16 B's (6-0) en die o.16 A's (8-0) ook gewen het.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar