Hoeveel tieners is verslaaf aan die internet?

  • 1
    like dit
  • 1
    like dit nie
Is jy verslaaf aan die internet?

Een in elke 25 tieners is glo verslaaf aan die internet!

Reuters berig dat een in elke 25 tieners het glo 'n "onweerstaanbare drang" om op die internet te wees en was gespanne wanneer hulle nie aanlyn was nie of het gesê hulle het al probeer om af te skaal op hul internetgebruik.


Dit volg na 'n studie van meer as 3500 hoërskoolstudente in Connecticut. Die studie het onder meer bevind dat diegene met problematiese Internet-gebruik meer waarskynlik as ander tieners is om aggressief of depressief te wees, asook om dwelms te gebruik. 


Maar die studieleier, Timothy Liu aan Yale University en sy kollegas kon egter nie 'n direkte verband tussen internet-gewoontes, depressie en dwelmgebruik tref nie. Luidens die studie, wat in The Journal of Clinical Psychology gepubliseer is, is problematiese internet-gebruik in 4% van tieners 'n bron van kommer.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar