Lesbiese en gay tieners onthul van hul ergste ervarings op skool in 'n nuwe video – van boelies tot een lesbiese tiener wat gedwing is om die seuns se kleedkamer te gebruik.
Die onthullings is deel van 'n bewusmakingsveldtog in Brittanje.
Een meisie vertel dat sy tydens L.O.-klasse nie toegelaat is om die meisies se kleedkamer te gebruik nie. Sy is gedwing om van die seuns se kleedkamer gebruik te maak. Die L.O.-onderwyser het glo vir haar gesê: "Jy is nie aangetrokke tot die seuns nie, so jy moet daar jou klere aan- en uittrek."
Die video is deur die LGBT Youth North West op YouTube gelaai en die video poog om gesprekke rondom die onderwerp aan te moeding.
Nog 'n seun vertel: "Ek het regtig skool gehaat, want elke dag was net konstante beledigings en die onderwysers het net gesê ek moet oor dit kom."
Kyk die video hiernaas of HIER en deel jou gedagtes.
Sien ook:
"My God is lief vir gays!"
"Ek's anders": Gay-tiener-wees
Menings oor tiener-gay-wees