Hier is Pretoria se Rockspaaiders

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Audio Nebula het gerock in Bloem. Wie dink jy gaan in PTA uitstaan? foto: Stef Kruger

Dis Gauteng se rockers se beurt om te wys wat in hulle steek. Lees meer oor die deelnemers.


Die Mislukte Rebellie


Die Mislukte Rebellie is:


Bernard Bester
Christiaan Welman
Tiaan Viljoen
WJ van den Heever

Wie speel watter instrument in die band? *
Bernard Bester - Ritmiese Kitaar, Sang, Skree en Vokale klank
Christiaan Welman - Lead Kitaar en agtergrond sang
WJ van den Heever - Dromme, perkussies, ander elektroniese klanke en Admin werk.
Tiaan Viljoen - Bass Kitaar en meisies lok

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ek (WJ van den Heever) en Christiaan Welman het in 2008 vir die eerste keer die Band lewe betree. Ons het in ‘n Engelse Punk band gespeel (Almal van ons is mos maar into it op ‘n stadium) totdat ons besef het dat ons nie baie ver gaan vaar met ‘n Engelse Punk Band in Suid-Afrika nie. Dit was 2009 en Rockspaaider was oppad, ek en Christiaan het besef dis waar ons moet wees.

Ons het die band in die Afrikaanse rigting probeer gooi, maar dinge het nie uit gewerk nie. Die band het toe gesplit en ek en Christiaan het toe begin soek vir daai ideale, nog nooit tevore gehore, Afrikaanse band. Ons het so van band tot band beweeg en gou het ons besef, dit vat meer as net kitaar speel om in ‘n band te wees. Jy moet Committed wees en dieselfde droom as die res van die band hê.

Lank het ek en Christiaan na so iemand gesoek, totdat Christiaan ons die een dag ophoek met Bernard Bester, ‘n ywerige Kitaar speler en sanger van
Die Hoërskool Zwartkop, met dieselfde droom en passie as ons en dis toe die Mislukte Rebellie ontstaan.


Drie seuns wat op dieselfde manier oor dinge dink. Daar is soveel sinelose stront wat ons dag na dag in vasgevang is en in sekere sisteme kan jy net tot op ‘n punt opstaan en rebelleer daarteen.
Soos die onvergete, legendariese Johannes Kerkorrel, een van ons invloede, skryf. "Jy moet staan in jou ry, jy moet jou hare kort sny, jy moet al die pryse kry." En later dan ook sê "Jy moet minder vrae vra oor die dinge wat jou pla, jy moet leer om stil te bly."


Die naam kom vanuit ‘n lied van een van ons ander groot invloede, Fokofpolisiekar. "Ons is die rebellie wat misluk het! Ons almal kak die reëls uit waaraan ons almal verstik het!"


Ons is Nuut, Progressief, Melodies en Alternatief . . . Ons is Die Mislukte Rebellie!

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
* Musiek
* Die Afrikaanse Rock Kultuur
* Fokofpolisiekar
* Bouwer Bosch
* Ander Intresante, Unieke Bands
* Die see
* Rock Shows en Festies
* Moshpits
. . . Vrydae Smiddae . . . en die Fokumentary (Fokofpolisiekar the Documantary)

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] *
* Johannes Kerkorrel (en die gereformeerde Blues Band)
* Fokofpolisiekar ( en al sy afstammelinge: Van Coke, aKING, Heuwels)
* Die Straatligkinders
* eF-eL
* Alleen Na Desember
* ekhouvanjou, okay
* Lukraakitaar
* Attack-Attack!
* A Day To Remember

Wat maak julle band uniek? *
. . . die Feit dat Bernard Bester ons hoof sanger is . . . Christiaan vir ons kitaar speel . . . Tiaan Viljoen vir ons Bass speel en dat ek (WJ van den Heever) vir ons dromme speel.
. . . Die feit dat ons elke Vrydag in ons garage oefen en dat ons, ons eerste single in die selfde garage met 'n home recording system record het . . . dat ons, dag na dag onderdruk en beheer word deur algehele kontrole . . . om in te neem uit te voer en te verwerk . . . Ons moet staan in ons ry, ons moet ons hare kort sny! . . . die feit dat ons gaan begin opstaan en begin rebelleer daarteen, deur middel van akkoorde en woorde . . . elektroniese en akoestiese klanke. . . Die feit dat 4 ouens wat uit verskillende omstandighede kom maar dieselfde oor sekere sake voel en deur musiek 'n verskil wil maak, 3 maande voor Rockspaaider bymekaar gekom het en besluit het . . . gryp die dag en gryp die geleentheid. Daar's niks om te verloor nie, want 'n wenner is eintlik net 'n verloorder wat nooit moet opgegee het nie. . . en somtyds moet jy maar dans op die rand van 'n krans!


. . . Die feit dat ons Die Mislukte Rebellie is!


Die Vingerwys Metode


Dit is moeilik om ‘n gevoel te beskryf. Iemand anders kan nie presies voel wat jy voel nie. Dit is hierdie lukraake en absurde effek wat musiek op ons het. Of dit die rym is van die lirieke, die deuntjie of net die prag van harmonisering, is dit wat ons graag wil oordra en beleef.
Ons naam beteken wat dit sê, om 'n vinger te wys vir iemand.


Het jy al ooit die skuld op iemand anders gesit?
Jy het dan Die Vingerwys Metode toegepas.


Uit persoonlike ervaring (iemand in ons orkes, wat anoniem wil bly, was geblameer vir ‘n poep in die klas, dit het ‘n dramatiese effek gahad) het ons besluit op hierdie naam. In teenstelling met blaam, wys ons vinger na jou, om te wys dat jy....na ons moet luister.


In die begin, voor niks van DVM bestaan het nie, was Jurgens en Francois gedryf na mekaar (hulle het detensie saam gaan sit).'n Paar uur in die hok het hulle besef hulle is albei wanna-be musikante, en daar en dan was besluit dat hulle ‘n orkes sal vorm. Nie lank daarna het Francois se lang-tyd vriend, Hein, begin bass speel, en na 3 maande begin hy crazy bass solo's rip, wat van toepassing was op ons smaak, ons het hom genader en gevra of hy saam ons wil jam.


Enigste slot oop nou was ‘n sanger, Frannie was te besig met die dromme, Hein was te besig om beats te drop en Jurgens...wel...Elkgeval soos ‘n engel sou val uit die hemel het Lionel,wat ‘n nuwe leerling was aan die begin van die jaar, eendag getrip en voor ons geval, en so het ons vriendskap begin. Na ‘n paar dae se kletter het ons ontdek dat Lionel eintlik kan sing, ‘n jam op Guitar Hero se mic het dit verklaar. Die Vingerwys Metode was gebore.


Ons band was vol en ons het begin voorberei.


Laaste Wals


Jaco van der Berg: Gr12 , Eldoraigne Hoër
Rayno Pieter Spies: Gr12 , Eldoraigne Hoër
Barry John Jacobs: Gr 12, Eldoraigne Hoër
Richard Pitcher van Niekerk: Gr12 , Eldoraigne Hoër


Wie speel watter instrument in die band? *
Jaco van der Berg: Lead Vocals & Guitars't
Rayno Pieter Spies: Guitars't
Barry John Jacobs: Base Guitar
Richard Pitcher vabn Niekerk: Drums

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ons vriende het ons saam begin oefen en is nou al 2 jaar saam as 'n band. Wat op skool begin het as 'n bymekaar kom en kuier geleentheid het ontwikkel in 'n groot belangstêlling in musiek. So het ons band gevorm en gegroei tot waar ons vandag is.

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
Ons inspirasie is goeie rock musiek wat deur groepe soos "30 seconds to mars" gespeel word.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] *
Ons vriende en familie het ons aangespoor om hard te oefen en vêrder te vorder met die band, daarom het ons ook vir die kompitisie ingeskryf.

Wat maak julle band uniek? * Ons is 'n goeie kombinasie en vul mekaar aan in die band. Ons almal lewe vir musiek en elkeen in die band gee 150% om die band 'n sukses te maak. Ons klank is ook uniek en uiteenlopend.



Serogaat


Serogaat bestaan uit 3 broers naamlik :


Christo V/d Heever(Lead guitar & vox).Christo Speel al van die ouderdom van 9 af guitar en is in Hoërskool Kempton Park .
Dawie V/d Heever(bass guitar & backing vox).Dawie,Christo se tweeling broer speel ook vanaf die ouderdom van 9 jaar af bass en is ook in Hoërskool Kempton Park.
Paul V/d Heever(Dromme)Paul die oudste broer van die 3 en speel dromme vanaf die ouderdom van 14 jaar. Paul is in Hoërskool Birchleigh.

Wie speel watter instrument in die band? *
Christo V/d Heever(Lead guitar & vox).Christo Speel al van die ouderdom van 9 af guitar en is in Hoërskool Kempton Park .
Dawie V/d Heever(bass guitar & backing vox).Dawie,Christo se tweeling broer speel ook vanaf die ouderdom van 9 jaar af bass en is ook in Hoërskool Kempton Park.
Paul V/d Heever(Dromme)Paul die oudste broer van die 3 en speel dromme vanaf die ouderdom van 14 jaar. Paul is in Hoërskool Birchleigh.

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Serogaat het begin in einde 2008 en is n oldies rock afrikaanse band. Ons musiek word beinvloed deur bands soos Nirvana, Motorhead, AcDc, The Doors ens..Serogaat werk gereeld saam local bands, dit sluit in Sonsteek, Sons of Signal, Die Tuin Dwergies, Teerpad, Van Diens Af , 7 Stukke Silwer en Hikatori. Serogaat het in 2009/2010 meer as 70 gigs gehad wat feeste soos Febfest 2009, Kwenafees, opidamFest, Druiwefees, en nog Vele meer insluit. Serogaat het vroeg in 2010 hulle E.p opgeneem.

Inspirasies?
serogaat werk gereeld saam local bands, dit sluit in Sonsteek, Sons of Signal, Die Tuin Dwergies, Teerpad, Van Diens Af , 7 Stukke Silwer en Hikatori

Invloede?
Ons musiek word beinvloed deur bands soos Nirvana, Motorhead, AcDc, The Doors ens.
Wat maak julle band uniek? * unieke old school 3-piece en ons musiek tone probeer ons om die 60's/70's klank te sumileer,
insluitend old school guitar solos



3rd Speech


Die lede:
Albert van Wyk(17): Kitaar en vocals
Schalk van Wyk(15):Dromme
Bernard Cloete(16): Bass kitaar
Sanri Mostert(15):Vocals


Al die liedjies se woorde is deur Albert geskryf

Ons is 3rd Speech, `n Christelike band uit Pretoria, ons het almal `n diverse musiek smaak en styl wat ons dan saam kombineer om ons unieke klank te vorm.Ons maak `n groot verskeidenheid musiek, vanaf "hard rock" met crunching solo`s tot akoestiese emosionele liedjies waardeur ons die gevoel van musiek uitbring.


Inspirasies: Pink Floyd, Glaskas, èf-èl, Paramore, 30 Seconds to Mars, Tree63, Hilsong, Prime circle, 3 Doors down, Nickelback, Papa roach, Seether, Planetshakers, Linken park en God wat ons almal die talent gegee het om musiek te kan maak.


Invloede: God hoofsaaklik, en alles in ons lewe, Ons word ook deur baie musiek te luister geinspireer en beinvloed. Almal luister min of meer die selfde genre maar ons bassist is mal oor ouer musiek bv. blues en jazz waar ons guitarist Albert meer hou van hard rock tot sagte liedjies wat mens laat dink. Op die ou einde gee dit ons musiek `n unike feel.


Agtergrond: Ons almal het van kleins af in musiek belangestel en toe het ons `n jaar terug 3rd Speech gevorm. Bernard en Albert het eers net saam kitaar gespeel en later het Bernard oorgaan Bass toe, en na dit het als saam geval toe ons `n drommer Schalk, en Vocalist Sanri bygekry het. Ons het eers maar in die bandroom geoefen en ‘n paar shows saam gedoen wat ons nader aan mekaar gebring het as ‘n band.


Wat maak ons uniek: Elke persoon in die band gee hul eie styl aan ons musiek, asook die passie wat ons deel vir musiek (we love music more than food). Die lirieke wat ons sing raak jonk en oud en elke woord en noot het ‘n boodskap.Ons is nie soos enige ander Afrikaanse band in Suid-Afrika nie. Ons is totaal en al uniek soos elke elke lid van ons band ook uniek is, maar as ons bymekaar kom vorm ons ‘n eenheid, en dit is 3rd Speech!


Die boodskap wat ons wil uitleef is dat enige iemand ongeag hul ouderdom God kan loof en prys op stage deur ons talente wat Hy ons gegee het te gebruik. Ons wil graag die punt bereik waar ons hierdie boodskap en ons musiek met die hele wêreld kan deel.



Too Bright to See


Die lede: Marius, Francois, Corne, Phillip en Ian
Too Bright To See het vroeg in die 2009 herfs begin toe Marius na Ian gegaan het, wat een van sy laerskool vriende was, om te gaan kuier.


Hy het die tromstel gesien en het aan Ian voorgestel dat hulle ‘n bietjie saam musiek speel. Francois het saam ingekom en het oorgeneem by die vokale area. En hy wou skree, want dis sy ding. Die eerste liedjie wat hulle drie as groep gespeel het was ‘n baie heavy komposisie (As I Lay Dying se Forever).

Ons het dadelik besluit op een ding: Metal or nothing at all. Die groep het gesukkel om ‘n vaste baskitaar speler en ritme kitaarspeler te kry maar het in 2010 met Corne Nezar en Phillip Badenhorst saamgesmelt en ‘n volledige resep vir kop-opblasende-musiek gemaak.


Met in-jou-gesig lirieke en baie geskree, asemrowende mooi refreine en hoogs gekompliseerde trompassies staan uniekheid redelik uit en kan jy regmaak om die musiek van jou lewe te hoor.

Vrede
Too Bright To See


 





 



Shades of Grey


Die band bestaan uit:
Morris Asher, 17 jaar oud Graad 11, Hoerskool Zwartkop
Sean Botha: 17 jaar Graad 11 oud, Hoerskool Zwartkop
Dawid Van Niekerk: 15 jaar oud Graad 9, Hoerskool Zwartkop
Hendrik Kolver: 18 jaar- Graad 12 , Hoerskool Zwartkop



Wie speel watter instrument in die band? *
Moris Asher-Bass/vocals
Sean Botha-Rythem guitar
Hendrik -Lead guitar
David

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] * Dit het als begin met Morris en Sean wat besluit het om 'n band te begin wat bestaan het uit musiekante wat hulle reeds mee op die verhoog by ons jeug-groep saam gespeel het. Ons het al vir omtrent 'n jaar en 'n half saam in die band gespeel. Ons hel almal ingestem om saam vir Rockspaaider in te skryf.

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] *
"Ons is 'n produk van die samelewing en nie die samelewing 'n produk van ons nie" - Hunter Kenady.
Alles en almal ispereer ons in ons musiek.
Ons is indirek/direk/meestal indirek 'n Christelike geinspereerde band.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band]
*
FPK, DHF, VCK, Aking, Pity the fool, Taxi violence, boo!,SLK',Ef-El, New Holland, Ashtray electric, Groot hoeveelheid van die tiener tuindiensde, Oorlog frankinstein, yesterdays pupil, en nog vele meer (Dis nie 'n band naam nie) (net 'n grap)

Wat maak julle band uniek? * Ons musiek en ons as musiekante self, ons musiek-styl is uniek en dit vat jare om dit te perfek en ons styl groei meer en meer elke dag.



Saving September


Maolcolm de Jager:Lydenburg studie groep - Lead guitarist
CJ (Real full name.... Lets just say he's not telling yet):Lydenburg studie groep - Drummer
Marnus Venter:Hoerskool Lydenburg - Rythm guitarist, vocals
Kamilla Venter:Hoerskool Lydenburg - vocals

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] * Een van ons het al in rockspaaider deel geneem en wou graag weer die kans vat. Elkeen het sy eie talent gewys en homself/haarself vir dit begin voorbery. Toe almal eers mekaar op ons eie 'unique way' kan inval en musiek maak het ons geweet dat ons reg is vir die kompetisie en wil graag dit vir almal bewys

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] * Daar is 'n groot verskeidenheid musiek wat in ons band voor kom en ons inspireer. Die 'most common' is 'alternative metal', asook 'punk rock', 'pop rock', 'aqoustic' en soveel meer. Bands soos 'Bullet for my valentine', 'FPK', 'Fotonadans', 'Funeral for a friend', 'blinded colony', 'metalica', 'breaking benjamine', ens. is goeie voorbeelde van ons insperasie met iets van onself ook in gegooi.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] * Meestal onself omdat ons saam besluite kan neem. Ouers, vriende, musiek en om ons eie ding te wil doen. op die ou einde van die dagis dit al wat tel

Wat maak julle band uniek? * Omdat ons, ons eie ding doen en nie van ander afhanklik is om ons musiek te moet maak nie. Ons het almal 'n talent wat wil opstaan en wys



Goedkoop $ensasie


Ons is 'n 5 stuk "Band" Lede:
Rigardt Dey: Gr12 H/S Waterkloof
Andine Louw: Gr11 H/S Waterkloof
Megan van Wyk: Gr 10 H/S Oos-Moot
Eckard de Goede: Gr 9 Affies
Tiaan de Jager: Gr 12 H/S Oos-Moot


Aan die einde van 2009 het ons, Rigardt en Tiaan, bymekaar gekom en besluit dat ons graag 'n band wil begin. Ons het vir die res van die band lede gekontak en ons het dadelik begin oefen aan 2 van ons eie komposisies. Ons het in die kerk gespeel, by die groot Basaar en het ook vir Die Heuwels Fantasties saam met 5 ander bands geopen.

Ons het daar R1000 verower en dit was ons heel eerste groot gig. Ons is nou al lank saam en geniet dit vreeslik om in ons geliefkoosde taal, AFRIKAANS, musiek te maak. Ons is Afrikaans en ongelooflik trots daarop. Ons liedjies lewer sosiale kommentaar en is glad nie onvanpas nie. Ons wil
baie graag in 2010 se Rockspaaider deelneem.

Wie speel watter instrument in die band? *

Rigardt Dey: Ritmiese kitaar en vocals
Andine Louw: Keyboard
Megan van Wyk: Lead Vocals
Eckard de Goede: Lead kitaar
Tiaan de Jager: Tromme

Agtergrond? [hoe het julle bymekaar gekom] *
Ek(Rigardt) en Tiaan het aan die einde van 2009 bymekaar gekom en wou graag 'n 2-piece band begin, maar ons het gedink dit gaan nie werk nie en het toe die res van die bandlede gekontak en gevra of hul deelwees van Goedkoop $ensasie. Tiaan het die naam van ons band uitgedink. Toe ek die naam hoor het ek dadelik geweet dit is perfek. Van toe af het ons elke Donderdag aand vir 3 ure in ons kerk geoefen en gaan nogsteeds so aan met die hoop dat ons nog baie suksesvol sal wees.

Inspirasies? [wie/wat inspireer julle] * Polisiekar, want hulle sing in goeie, egte Afrikaans wat sin maak en mense laat gaan dink oor hul lirieke.

Invloede? [wie beïnvloed julle as band] * Niemand beïnvloed ons regtig nie. Ons probeer maar om ons eie pad te volg en so suksesvol te wees.

Wat maak julle band uniek? * Tiaan de Jager. Hy is nou nie een van die beste trom spelers wat bestaan nie, maar sy unieke persoonlikheid oorheers die band.



Die Verandering


Ons is ‘n afrikaanse rock band met baie verskillende musiek influences . Ons speel nou vir so 9 maande saam met ons nuwe lede en het laas jaar ook deelgeneem aan Rockspaaider.! Ons is almal heavy passievol oor musiek en wil graag mense vermaak met goeie musiek !

Hulle is:
Marcel Dednam (Hoërskool Oos-Moot)- Keybord & Vocals
Invloede : Fpk , Mozart, Jack Johnson


Gerard Becker (Hoërskool Oos-Moot)- Dromme
Invloed - Foto na dans , ekhouvanjou,okay? , All that remains , Attack attack,!


Steven Lightfoot (Hoërskool HTS John Vorster)- Bass Guitar
Invloede :Tool,A Perfect Circle,Rage against the machine


Francois Meyer (Hoërskool HTS John Vorster)- Lead guitar
Invloede : A Perfect circle ,Muse,Radiohead,Celldweller


Megan Lightfoot(Hoërskool Oos-Moot)- Vocals
Invloede -The Yeah Yeah Yeahs ,Marina and the diamonds , Flyleaf, Ddisselblom,The Dresden dolls


 


 


 


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar