Henri Brummer se blog

  • 4
    like dit
  • 5
    like dit nie
Blogger:

Henri Brummer

Ek het een middag alleen by die huis gesit, hoogs verveeld, nadat die hoogtepunt van my dag gholf was...

Ek het myself vang dink aan my toekoms, nie 'n skaarse verskynsel nie, dit is immers al wat voor my lê, en ek't besluit dat die doel van die lewe op aarde eenvoudig is... Word 'n sukses, of word van vergeet. Aangesien ek sou doodgaan van 'n gebrek aan aandag, het ek besluit dat die enigste uitweg is om 'n sukses te word.

Ongelukkig, soos geskiedenis toon, is om 'n sukses te word nie 'n algemene verskynsel nie, jy kan dit slegs bereik deur harde werk en ''dedication'', twee van my ka... sorry uhm swakker eienskappe. So vra jouself af, dink jy rêrig dit kan so moeilik wees om 'n sukses te wees? Ek twyfel. Hoekom kan jy nie net awesome wees nie? Moenie harder werk nie, werk harder aan jouself... En as die wêreld jou reject, sorry. Dan moet jy seker maar harder aan jouself werk sodat jouself iemand anders kan word, oftewel, dis wat ek gedoen het.

Dan kan 'n mens seker ook maar stry oor wat sukses is, en hoe meet jy dit? In 'n eienaardige moderne samelewing, waar mense rondloop met verf op hulle naels en gesigte en plastiek in verlustigende dele van hulle lywe, kan 'n mens seker sukses aan seks meet, oftewel sekses. Of andersins kan jy dit aan geld meet. Jy kan seker sukses in geluk meet, as jy jouself wil troos dat jy nie genoeg geld of sekses het nie, maar in 'n materialistiese wêreld gaan jy ook maar van vergeet word, sorry. Jou lewe word beinvloed deur die mense om jou, maar op die ou end is al wat saak maak: of jy bo uitkom of nie.

In die tye waarin ons leef is daar 'n qoute wat een van my gunsteling-skeinatonderwyseresse altyd gebruik: "Six or a nix." En sorry bra, as jy jouself wil troos dat jy dit gaan maak deur happy met jouself te wees, is ek bevrees jy moet maar van die krieketveld afstap, en in die hoekie gaan staan, waar jy hoort.

Gebruikers Kommentaar (5)

  • Louis Aucamp
    19 months ago
    ek hoop nie hunter kennedy sien ooit hierdie blog nie of minstens nie die comment oor brummer as sy opvolger nie. brummer ek is mal oor hoe jy skryf, doodeenvoudig "class". die dinge wat jy dink verskil ek ongelukkig so verskriklik baie mee dat ek nie eers weet hoekom jy my vriend is nie. ek dink sukses is so te se onmoontlik om te omvat of te verduidelik, nie omdat dit so behoort te wees nie, maar omdat ons samelewing so verwronge geraak het dat ons(die wat daaroor dink) nie eers besef wat werklik belagrik in die lewe is nie. as ons "sekses" as 'n voorbeeld vat... wat is dit? en is dit werklik so belangrik?

  • 19 months ago
    Ja dis maar een van daai dinge, its my cross to bare. Yolande, uhm dink op die ou eind, maak diti saki, solank jy net bo uitkom.

  • 19 months ago
    Jitte, maar jou kop is groot...

  • 19 months ago
    hmmm... Baie goed HenriQ* maar ek moet erken dat ek nie heeltemal saamstem nie. Ek glo dat mense aan hulself moet skaaf en skuur. Almal moet immers groei en mens leer uit ervarings wat die lewe op jou pad bring, maar ek glo nie daarin om soos skape blindeliks te volg wat ander doen nie en ek dink 'n mens moet pasop daarvoor om jouself so aan te pas by die eise van ons materialistiese samelewing dat jy die mooi in jouself verloor. Ek dink dat dit in baie gevalle juis jou uniekheid is wat jou suksesvol maak.Ek weet nie, dalk verstaan ek net verkeerd. Maar ek voel dat ek eerder hard sal werk om sukses te berreik as om die awesome ek wat ek is te verander vir sukses. Veral sukses wat ek sal berreik net omdat ek myself is in 'n wereld waar almal sekses en geld najaag. hehe ;-)

  • 19 months ago
    as hunter kennedy dood gaan het ons darm i back-up. blogpost defnitief seksesvol
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar