Helfte van SA tieners drink alkohol

  • 5
    like dit
  • 19
    like dit nie
Drink jy nog op skool?

Een in elke twee tieners drink alkohol.

Dít blyk uit statistiek wat SA Brouerye aangemoedig het om 'n vennootskap met die regering en die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) te vorm om 'n veldtog te loods wat minderjarige drankmisbruik aan te pak.

Luidens 'n verklaring van SAB is dié statistiek vir hulle onaanvaarbaar en wil hulle verandering onder Suid-Afrikaanse jeug meebring.

Die veldtog, You Decide, is gister in KwaZulu-Natal van stapel gestuur.

Volgens die NYDA-voorsitter, Andile Lungisa, neem hulle dié nasionale probleem van minderjarige drankmisbruik baie ernstig op.

Hulle beskou dit as "een van die grootste uitdagings" wat Suid-Afrika moet takel.

Die veldtog sluit onder meer interskool-kompetisies, klasse en riglyne vir ouers in. Daar is ook verskeie hulpbronne vir tieners beskikbaar, waaronder berading, leesmateriaal, 'n webwerf, Facebook-blad en interaktiewe speletjie.

Sien ook:
Tieners, dwelms en drank
Drank, dwelms kan tieners laat ontspoor
"Nie my kind nie!"

Wat sê tieners oor drank en drink?


 


 

Gebruikers Kommentaar (13)

  • Wilhelm
    2 months ago
    Safers in RSA moet nie alleen voel oor die drankprobleem nie. Hier in Nieu Seeland en Australië is drankmisbruik vrot onder die jeug. Die regering het nou wakker geskrik en begin beheer instel, maar in NZ is daar 'n drink-kultuur. Dit is sekerlik ook te doen met die gebrek aan dissipline, opgebreekte huishoudings en kinders wat buite egtelik gebore word. As die gemeenskap aangemoedig sal word om terug te keer na die morele standaarde wat ons ouer geslag gehandhaaf het, sal dinge weer beter word.

  • 2 months ago
    Ek persoonlik glo dat die ouers en die kinders verantwoordelik is vir die wyse waarop kinders hulle self gedra. Ek glo dat baie kinders net die voorbeeld volg wat vir hulle gestel word. Maar dan moet ek ook by sê dat die feit dat ons nie meer kinders pakslae mag gee nie ook bydra tot die huidige toestand. Vandag se kinders het net geen selfrespek nie.

  • 2 months ago
    My seun se vriende wat 16 en 17 jaar oud is besoek Hatfield Square gereeld vir kuiers wat drank insluit. Daar word by die hekke vir hulle vir hulle Identiteitsdokumente gevra want hulle mag nie daar ingaan as hulle nie 18 is nie. Hulle "bribe" egter die veiligheidswagte met geld en gaan in. Ek wonder of hulle ook die restaurante wat drank verskaf "bribe" om aan hulle drank te verkoop?
    Van die kinders het ouer broers en susters wat vir hulle drank koop. Sommige van die kinders se ouers glo alles wat hulle se en lyk asof hulle glad nie omgee wat die kinders hulle mee besig hou nie of waar hulle is nie. Waar gaan ons jeug heen as niemand meer omgee nie? Marissa

  • 2 months ago
    ek het van die kommentaar gelees en ek dink dat die kinders 'n moerse probleem het, niemand kan jou dwing om te drink, rook of seks te he nie, dit is jou eie besluit. as dit pressure is kry ander maats of glad nie maats nie. niemand het my gedwing on te drink of te rook nie ek het dit self gedoen, altans ek doen dit nog vandag (30 jaar)ek leef nog steeds en is gesond alles is matig as jy dit oordoen dit is wanneer jy in die stof byt
  • Mickey
    2 months ago
    So wat julle nou eintlik wil se is, as daar advertensies is van mense wat in die vuur spring gaan julle dit ook doen......Julle moet by pik! Die keuse bly nogsteeds julle eie sin om te suip of nie!
Bladsy 1 van 3
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar