Wat dink jy van groepseks?
Meisies so jonk as 15 jaar oud neem deel aan groepseks, het 'n nuwe studie onthul.
Meer as die helfte van dié meisies word glo ook gedwing om deel te neem.
Navorsers by Boston University se School of Public Health het bevind dat een in 13 tienermeisies al groepseks gehad het. Dié seks is gereeld deur hul kêrels geinisieër nadat hulle pornografie gekyk het.
Die gemiddelde ouderdom van meisies wat al groepseks gehad het, was 15,6 jaar oud.
Meer as die helfte van die meisies het ook gesê dat hul seksmaats het nie kondome gebruik nie.
Dié bevindinge het opnuut die kollig geplaas op die invloed van pornografie op tieners. Meisies is glo vyf keer meer waarskynlik om groepseks te hê as hulle of hul kêrels pornografie gekyk het.
Volgens Emily Rothman, een van die studieleiers, het tot 50% van die meisies goed gedoen wat hul kêrels eers in pornografie gesien het. "Pornografie beïnvloed dalk die seksuele gedrag van hierdie tieners," het sy gesê.
Rothman het ook gesê dat meer as die helfte van die meisies wat groepseks gehad het, gedwing of gedruk is om dit te doen. 'n Derde het ook voor groepseks alkohol of dwelms gebruik.
Die studie is in die Journal of Urban Health gepubliseer. - Daily Mail