Griekwas se afronding kelder wenkans

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Griekwas het op die 47ste Cravenweek-toernooi in die Noordwes-stadion hier nie sy volle potensiaal as span bereik nie. Die span het egter nie sleg vertoon nie, en met twee oorwinnings uit sy drie wedstryde kan hy steeds tevrede voel.

Die Poubloues kon egter ook onoorwonne gewees het. As die span se afronding in sy tweede wedstryd teen die Pumas nie so vrot was nie, kon sake dalk heel ander daar uitgesien het. Die span het die meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel in die wedstryd teen die Pumas geniet.

Die telling van 38-7 in die guns van die Pumas vertel egter 'n heel ander storie. Die kaptein en agtsteman van Griekwas, Herman van Niekerk, is ná dié wedstryd vir die tweede agtereenvolgende keer as die speler van die wedstryd aangewys. Dit bewys hoe sy span die wedstryd gedomineer het, maar nogtans glad nie op die telbord kon kom nie.

Die span se heelagter, Henco Olivier, het ook 'n goeie vertoning gelewer, veral op die verdediging. Hy het ook 'n hele paar keer gapings in die Pumas se verdediging gevind.

Die Poubloues het op die eerste dag 'n spannende wedstryd teen die Valke met 26-24 deurgetrek. Van Niekerk, Herman Groenewald (slot), Jaco Buys (senter), en Kobus du Plessis (losskakel) het uitgeblink.

Op die laaste dag het Griekwas teen die gasheer, die Griffons, met 29-7 koning gekraai. Van Niekerk was weer een van die beste spelers. Du Plessis het op losskakel ook 'n reuse-verskil gemaak.

Ander spelers wat verdien om vir hul spel vermeld te word, is JJ Cloete (flank), Cobus Cohn (stut), Nico van der Westhuizen (haker) en Dean Gorrah (vleuel).

Beste oomblik: Herman Groenewald se drie teen die einde van die wedstryd teen die Valke, wat die telling op 24-elk gelyk getrek het en Du Plessis die kans gegee het om met die doelskop 'n oorwinning te beklink.
Beste voorspeler: Herman van Niekerk.
Beste agterspeler: Kobus du Plessis.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar